Tuis. 07

(Tuis.) #1

50 tuis Julie 2017


leefareas


Knus en ontspanne
Wat dekor betref voel Silvia nie aangetrokke
tot ’n tipies Franse Toskaanse of Kaaps-
Hollandse voorkoms nie: “Ons woon in
Afrika; dit het sy eie soort skoonheid.”
’n Kleurskema met swart en groen werk
perfek hier. “Groen was nog altyd my
gunstelingkleur. Hier op die plaas is ons
omring met pragtige groot bome gras en
golwende heuwels” verduidelik sy. “Swart
verleen diepte en verteenwoordig die
skaduwees en valleie; dit raak eenvoudig
weg wat beteken dis onopvallend. Maar dit
sal nie werk in ’n huis met min vensters of
wat min lig kry nie.”
Silvia bring die buitekant binnetoe met
dryfhout wat sy oor die jare versamel het; sy
span dit in as dekor saam met droë takkies
aalwyne en blare in glasflesse asook
klippies wat as fokuspunte uitgestal word.
“Ek gebruik boomstompe as koffietafels en
grasmatte op die vloer om die tema te
versterk.” Dit alles word geanker deur ’n
vloer van verwerkte eikehout.
“Die leefarea pas ons gesin se behoeftes
goed want dis rustig en ’n goeie plek om
met vriende te gesels oor ’n drankie of
koppie koffie” sê Silvia. “Die vertrek is knus
en ontspanne en daar is oorgenoeg sitplek.
En daar kom altyd die heerlikste geure uit
die kombuis aangesweef!” >>

Dis in die detail
Danksy dié bed op wiele lê die honde nie op die meubels nie – hulle hou
daarvan en dit pas perfek by die res van die dekor in.

Dis in die detail
ŝĞƚƌĞīĞŶĚĞƉůĂŬƉĂƉŝĞƌĚĞƵƌ^ŵĂƌƚƌƚŚĞƌŝŶŶĞƌĂĂŶĚŝĞ
ƉƌĂŐƟŐĞĚŽƌŝŶŐďŽŵĞŽƉĚŝĞƉůĂĂƐ͘

Hoe oulik is dié boekrak? Nie net huisves
dit al die leesstof nie daar is ook lêplek
vir die honde! Die gemaklike hondebed is
by die eenheid ingebou.

Kaggel
Boom-
stompe

Bank
Kombuis

Koffietafel
Voetrus
Stoel

Rusbank

Dientafel

Rak

Rak

Hondebed

Rusbank

Die uitleg

Free download pdf