Tuis. 07

(Tuis.) #1
VERSKAFFERS Arabesque 021 424 1234 Brigitte Hills Interiors
083 652 9895 brigittehills.co.za Flordecor 072 199 3795
La-Z-Boy 021 951 7150 la-z-boy.co.za Milestone Kitchens
076 949 5745 milestonekitchens.co.za Natural Stone
Warehouse 021 06 1300 naturalstonewarehouse.com
Nom de Plume Studio 033 342 4158 Private Collections
021 421 0298 privatecollections.co.za Smart Art
021 447 0872 smartart.co.za Weylandts 0860 103 400
weylandts.co.za

Toe Lizanne en Johannes van Waart in 2003 hul huis
in Stellenbosch bou het hulle ’n duidelike idee gehad
van wat hulle wou hê: ’n ruim leefkamer en stoep wat
die hart van die huis vorm – nes die voorkamers in die
Karoo-huise waarin hulle grootgeword het. “Ek is
grootgemaak met die idee van ’n oop huis waar gaste
enige tyd kan kom inloer vir ’n kuier veral oor
naweke” verduidelik Lizanne.
Vandag maak die kuier- en braai-area deel uit
van die stoep met sy groot stapeldeure wat op die
aanloklike swembad oopmaak. Maar die belangrikste
van als? Almal is welkom.
“Ons kuier soggens en saans op die stoep” sê
Lizanne. “Dis waar ons soggens ’n vinnige ontbyt eet
en saans uitspan met ’n glas wyn. Naweke kom kuier
my ouers ons kinders – Henri (30) en Christiaan (20)



  • en hul vriende almal hier.
    “Trouens ons braai elke Sondagaand. Dis ’n
    tradisie wat ons baie jare gelede begin het toe die
    kinders koshuis toe is. Dit was ’n somber affêre toe
    besluit ons om almal op te beur met ’n braai voor


mal welkom
hulle die pad moes vat. Omdat ons albei Karoo-kinders is is
groot maaltye aan tafel vir ons belangrik.”
Wat dekor betref was gordyne glad nie op Lizanne se lysie
nie; sy wou soveel natuurlike lig moontlik inlaat. Sy beskryf haar
styl as ’n kombinasie van oud en nuut met helder kleure Indiese
invloede en ’n titsel Franse flair. “My vriende sê altyd my huis is
vir hulle interessant. Dis hoe ek my uitdruk” sê Lizanne. “Ek
hou van lap en kleur en ek is baie sentimenteel oor dinge wat ’n
storie vertel. Ek dink omdat ek ’n sielkundige is lê mense en hul
stories my na aan die hart – en dieselfde geld vir my dekor.”

AlA

Free download pdf