raad
Saamgestel deur Kim Arendse
Stuur jou vrae na [email protected].
Wonder jy hoe om jou oopplan-leefarea netjies in te rig of wil jy weet
watter plante is waterwys? Vra net â ons kry die antwoorde.
Vra die kenners
Die Tuis-redaksie probeer alle vrae beantwoord maar kan nie op elkeen persoonlik reageer nie. Tuis behou die reg om vrae te redigeer.
DIE OPLOSSING
Dekordilemma
DIE UITDAGING
Teresa Tiedje vra op Facebook Ons het ân paar maande
gelede by ons huis ingetrek en het hulp nodig met ons
oopplan-sit-en-eetkamer. Dis ân klein ruimte wat altyd
deurmekaar lyk. En omdat dit die deurloop van die voordeur
af is kan ons nie ons meubels teen die muur skuif om
ekstra ruimte te skep nie. Ons het nog nie meubels gekoop
nie so ons gebruik nog ou stoele en ân stel patiomeubels.
Ons wil die vertrek graag verf en hou van skakerings van
bruin en die voorkoms van natuurlike klip. Enige raad?
Die stilis en fotograaf Margaux
Tait van mylifestyled.co.za het die
volgende raad Ons almal sukkel van
tyd tot tyd met ân ruimte wat nie werk
nie. Die grootste fout wat mense
maak is om meubels in te bring wat
te groot is vir die vertrek of te veel
meubels wat die vloei van die vertrek
belemmer. k het n paar staatmaker-planne wat enige
ruimte in ân japtrap sal omtower ...
1 DIE PALET Kies warm neutrale kleure soos Salisbury
Stones 5 of Natural Hessian van Dulux. ân Liggrys soos
Dusted Moss 3 sal ook wonderlik lyk hier. Verf al die
mure vir eenvormigheid tussen die twee areas; dit sal die
ruimte visueel bymekaarbring en dit ân aanloklike oop
gevoel gee. As jy wil kan jy ân spatsel kleur (probeer
kobaltblou) of ân koper-element inbring; albei sal mooi
pas by daardie verfkleure.
ân Ligte kleurpalet werk die beste as jy dit kombineer
met teksture wat diepte en visuele trefkrag skep; hou dit
in gedagte wanneer jy inkopies doen. Probeer hoëglans-
verf op sekere meubelstukke om lig deur die ruimte te
kaats en die oog te tref.
2 MEUBELSHet jy geweet dat jou ruimte groter kan lyk
juisdeur jou meubels van die muur weg te skuif? Selfs
net ân paar sentimeter sal ân verskil maak. Hou ook in
gedagte dat hout kleur toevoeg. Wanneer jy te veel
verskillende soorte saam gebruik kan jou ruimte
deurmekaar lyk. Verf eerder ân paar items of hou by
hoogstens twee soorte hout; ek stel ligte houtsoorte voor
omdat dié ruimte so knap is.
Oorweeg ân kleiner L-vormige bank voor die kaggel en
ottomans vir ekstra sitplek pleks van ân verskeidenheid
stoele en rusbanke. Jy kan ook bankies aan die
eetkamertafel se lang sye gebruik met ân stoel by elke kort
sy; so kan jy die ruimte ten beste benut.
Groot kleurvolle matte in albei areas sal die ruimte
ophelder; dit moet groot genoeg wees om onder ân
meubelgroepering te pas sodat dit die area anker.
Voor