Tuis. 08

(Tuis.) #1

Korrektiewe snoei


Take vir elke streek


Somerreënstreek In baie koue dele moet jy net van middel tot einde Augustus snoei.
Deurweek die grond met Koinor teen plae wat nuwe blare en knoppe beskadig; dit hou
tot ses maande lank. Maak twee keer per maand nat sodra temperature begin styg en
rose begin uitloop. Bemes met Vigorosa.
Kaapse kusstreek Daar is nog tyd om rose te snoei as dit nie in Julie gebeur het nie.
Dien Vigorosa toe. As daar volop winterreën is beskerm nuwe groei teen swamsiektes
deur elke twee weke met Chronos te spuit.
Laeveld en KwaZulu-Natalse kus Maak twee keer per maand nat wanneer temperature
begin styg en strooi deklae. Deurweek die grond rondom elke roos met Koinor vir
langdurige beskerming teen suiginsekte wat nuwe groei en knoppe beskadig. As
swartvlek ’n probleem langs die KwaZulu-Natalse kus is spuit om die beurt met Rose
Protector en ’n mengsel van Ludwig’s Insect Spray Chronos en Picanta wat as ’n
kleefmiddel optree.

V: Daar is ’n trop jong blouapies wat baljaar
onder my pragtige ‘Old Glory’-miniatuurrose
wat in potte geplant is. Hoe kan ek hulle op
’n veilige manier afskrik?
Blouapies is een ding maar dassies
en bokkies kan net so lastig wees. Spuit
stukkies harde seep met rou eier wat in
water opgelos is en hang dit op; of hang
rissies op. Dit werk vir ’n week of wat voor die
diere daaraan gewoond raak. Jy moet maar
os toemaak met ’n hok of jou hele
bedding of tuin omhein.

Is jy bekommerd dat jy nie “reg” gesnoei
het nie? In Augustus het jy die kans om
weer te probeer. Selfs al het jy nog glad nie
gesnoei nie is daar nog genoeg tyd;
boonop sal jy kan sien hoeveel ogies
uitgeloop het wat vir jou aandui hoe die
roos wil groei.
Indien daar sterk nuwe groei verder
ondertoe op die steel is snoei terug tot
daar. Dit laat die roos sy energie op daardie
ywerige nuwe lote fokus en die resultaat is
’n sterk nuwe steel.
Struike met gevurkte takke en sylote kan
ook weer gesnoei word. Snoei een loot
waar ’n tak gevurk het en verwyder die
sytakkies.
’n Ligte snoei kan ook veroorsaak dat
blinde lote en te veel kort stele ontwikkel.
Te veel ogies bly agter op die gesnoeide
loot en dan loop hulle almal uit. Verminder
geswelde of uitgeloopte ogies deur takkies
en gevurkte lote af te sny; dit sal die
energie op die oorblywende nuwe lote
fokus wat beter lote op alle bosrose
;ŚŝďƌŝĞĚͲƚĞĞ͕ŇŽƌŝďƵŶĚĂͲ͕ŶƟĐŽDŽĚĞƌŶŽͲ
en Fairy Tale-rose) tot gevolg sal hê.
͛Ŷ<ŽƌƌĞŬƟĞǁĞƐŶŽĞŝŝƐŽŽŬŐŽĞĚǁĂĂƌ
stele te na aan mekaar groei. In die
ĂůŐĞŵĞĞŶŵŽĞƚĚĂĂƌϮϬĐŵ;ŵŝŶŽĨŵĞĞƌ͛Ŷ
snoeiskêr se lengte) tussen die onderskeie
stele wees. Dit laat genoeg ruimte vir
nuwes om te groei en sorg dat die rose
genoeg lig kry. Verwyder die stele wat na
die middel van die bos of oorkruis oor
ander stele groei.
Rankrose wat nie gesnoei en opgelei is
nie kan ook in Augustus gesnoei word.
DĂĂŬĚŝĞƌŽƐĞůŽƐĞŶƚƌĞŬĚŝĞƐƚĞůĞůŽƐǀĂŶ
mekaar. Verwyder ouer takke en maak die
oorblywende stele aan ’n stut vas; sorg dat
hulle so horisontaal moontlik lê. Dit
ĂŬƟǀĞĞƌĚŝĞŽŐŝĞƐĂůůĂŶŐƐĚŝĞŚĞůĞƐƚĞĞůŽŵ
uit te loop en te blom nie dié net aan die
punt van die steel nie.

Ludwig se


rooshoekie


Die rooskenner Ludwig Taschner gee wenke
vir ’n korrektiewe snoei en sê hoe jy rankrose
netjies laat lyk.

V: My tuin het fyn sanderige grond
wat baie hard word; toe my ‘Belle
Époque’-roos dood is het ek dit
opgegrawe en ontdek die wortels het
opwaarts pleks van afwaarts gegroei.
Hoe voorkom ek dit?
Belug jou grond soos volg
afhangend van hoe die rose in jou
bedding gespasieer is:


  • Grawe ’n sloot rondom elke roos
    mtrent so breed soos ’n graaf se lem
    en sowat 30cm diep. Dis nie ’n
    probleem as van die wortels
    losgewikkel raak of afbreek nie. Werk kompos in by die grond wat jy opgegrawe het asook
    ’n permanente belugter soos makadamiadoppe; skep dit dan terug in die sloot. Meng ook
    ons Vigolonger-misstof by; dit spoel nie weg nie en sal ’n hele seisoen lank hou.

  • As die rose nader aan mekaar of in rye geplant is kan jy ’n sloot aan weerskante grawe en
    dan dieselfde proses volg. Die voordeel van rooswortels is dat hulle vinnig en maklik weer
    uitloop en na die beter belugte deel sal groei.

  • Die ander meer permanente opsie is om die rose uit te haal en saam met ordentlike
    roos-potgrond in groot plastiekpotte of swart 40-liter-plantsakke te sit en dit weer in die
    grond te plant.
    Dié roos het te veel sylote en
    kort ’n korrektiewe snoei.


‘Old Glory’


BesoekůƵĚǁŝŐƐƌŽƐĞƐ͘ĐŽ͘njĂ en stuur vrae na ƚƵŝŶĞΛƚƵŝƐ͘ĐŽ͘njĂ.


‘Belle Époque’
Free download pdf