Tuis. 08

(Tuis.) #1

Steurgarnaal-
chorizo-en-patatkoekies


Vis en tjips
Vis met ’n bros buitelagie en lekker
bygoeters is my nuwe onthaal-
gunsteling vir enige tyd van die jaar.
Beste van als? Oud en jonk geniet dit.

Genoeg vir 6
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute


  • gerasperde skil van 1 suurlemoen

  • 3 ml elk Italiaanse kruiemengsel en
    mosterdpoeier

  • ’n knippie elk rooipeper en witpeper

  • 300 ml bruismeel

  • 6 stukke stokvisfilet met vel aan*

  • 250 ml karringmelk

  • olie vir vlakbraai


1 Meng die suurlemoenskil kruie
peper en meel saam en geur goed met
sout; keer uit in ’n vlak bak. Druk elke
stuk vis droog met ’n lappie (kombuis-
papier is geneig om vas te sit) en
“sleep” dit deur die karringmelk. Doop
nou die vis in die meelmengsel en laat
staan vir sowat 10 minute.

2 Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte tot
warm en braai die vis in sarsies vir ’n paar
minute aan ’n kant tot goudbruin en bros.
Onthou vis neem nie lank om gaar te word
nie en sal verder stoom terwyl dit staan –
toets as jy onseker is. Sit warm voor met
suurlemoenwiggies tuisgemaakte
tartaarsous en aartappel- of patattjips.
* Lang dun stukke vis werk beter as kleiner
dik stukke.

TUISGEMAAKTE TARTAARSOUS
Meng 125 ml romerige mayonnaise
125 ml suurroom 1 fyngerasperde
mediumgroot wortel 3 opgekapte agurkies
30 ml fyngekapte grasuie en 5 ml mosterd
met ’n knippie vars knoffel en sowat
15 ml suurlemoensap. Rond af met sout en
peper. Jy gaan jou vingers wil afeet!

BROS GROENTEHAPPIES
Sif 250 ml kekerertjiemeel 10 ml bak-
poeier 3 ml fyn koljander en 3 ml fyn
komyn sout en peper na smaak saam.
Klits nou geleidelik sowat 220 ml yskoue
sodawater by om ’n gladde beslag te kry.

Doop blomkoolblomme klein
worteltjies uieringe of enige groente
waarvan jy hou in die beslag en
diepbraai tot bros. Geur met sout en
peper na smaak en sit voor met vars
koljander.

STEURGARNAAL-
CHORIZO-EN-PATATKOEKIES
Kook 300 g patat gaar dreineer en druk
dit baie fyn. Kap sowat 12 gaar
steurgarnale en 150 g gaar chorizo fyn
en roer by. Geur met 3 gekapte sprietuie
en sowat 30 ml vars koljander. Meng
nou 1 eiergeel en sowat 60 ml meel by
om ’n ferm mengsel te kry. Verdeel die
mengsel in balletjies so groot soos ’n
gholfbal en druk effens plat. Bedek met
’n lagie tuisgemaakte broodkrummels en
vlakbraai versigtig tot goudbruin en gaar.

Wenk
Jy kan ook aartappel gebruik vir dié
heerlike koekies. Dit gaan ’n fermer
tekstuur lewer daarom moet jy ’n
bietjie minder meel gebruik. >>

BBoos oenthhapappppipiees
Free download pdf