Tuis. 08

(Tuis.) #1

Mielie-vetkoeke


Wanneer daar nie tyd is vir ’n vetkoek wat
moet rys nie is dié kitsweergawe ’n wenner.


Maak 12 vetkoeke
Bereidingstyd: 25 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute



  • 375 ml koekmeel

  • 10 ml bakpoeier

  • ’n groot knypie elk suiker en sout

  • 2 eiers

  • 180 ml melk

  • 125 ml gaar mieliepitte

  • olie vir braai
    VULSEL

  • 15 ml olie

  • 1 ui gekap

  • 400 g maalvleis

  • 1 knoffelhuisie gekap

  • 5 ml fyn koljander

  • 15 ml kerriepoeier

  • 30 ml tamatie-en-rissiekonfyt

  • 15 ml asyn


1 Maak eers die vulselVerhit die olie en
braai die ui tot glansend. Voeg die maal-
vleis knoffel en speserye by en braai tot
goudbruin (breek die vleis deurgaans op
met ’n spaan). Roer laaste die konfyt en
asyn by. Voeg ’n skeutjie water by en bedek
die pan. Laat prut oor lae hitte terwyl jy die
vetkoek maak.
2 Meng die meel bakpoeier suiker en
sout in ’n bak. Klits die eiers en melk saam
en voeg dit by die droë bestanddele
saam met die mieliepitte. Roer tot ’n dik
gladde beslag vorm.
3 Verhit sowat 2 cm olie in ’n pan
(moenie te warm maak nie anders
brand die vetkoeke voor dit
deurgebak is) en braai groot
eetlepels vol van die mengsel in die
olie tot goudbruin aan albei kante
en deurgaar. Dreineer op
kombuispapier.
4 Sny die vetkoeke oop en vul
met die maalvleis. Hulle is
natuurlik ook heerlik met kaas
en konfyt of stroop.


1 Gebruik ’n vleishamer en kap die vleis
plat; die steaks moet omtrent 1 cm dik
wees. Sprinkel die suurlemoensap oor en
marineer in ’n plat bak vir sowat 15 minute.
Meng intussen die broodkrummels met die
Italiaanse kruie en pietersielie en kry die res
van die bestanddele gereed.
2 Geur dan die vleis met sout en
varsgemaalde swartpeper en bedek dit met
’n lagie meel. Klits die eier water en olie
saam. Skud die oortollige meel van die
vleisstukke af en doop dit eers in die eier en
dan in die broodkrummels. Sit dit in die
yskas vir sowat 20 minute om seker te maak
die krummellaag sit goed vas.
3 Maak intussen die sampioensous Smelt
die botter in ’n pan en braai die sampioene
en knoffel. Moenie haastig wees of te veel
roer nie – jy wil hê die sampioene moet
goudbruin word. Skep die knoffel uit en gooi
weg. Geur die sampioene goed met sout
peper en suurlemoenskil. Roer die mosterd
tiemie crème fraîche en pietersielie by en
verhit tot deurwarm. Geur laaste met ’n
skeut suurlemoensap en hou warm.
4 Smelt ’n klont botter en ’n skeut olyfolie in
’n pan en vlakbraai die steaks tot goudbruin
alkant en deurgaar. Die braaityd gaan
afhang van die dikte – toets en maak seker
as jy twyfel. Sit dadelik voor met die
sampioensous en jou gunsteling-stysel (ek
hou van kapokaartappels maar rys of selfs
pasta is ook heerlik) en groente soos kool
en ertjies. >>

Gekrummelde
varksteaks
Ja jy kan klaar gekrummelde schnitzels by
die supermark koop vir ’n vinnige ete maar
glo my die kitsproduk gaan nie kan kers
vashou by die ware Jakob nie.

Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 40 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute


  • 4 x 200 g-varksteaks

  • sowat 45 ml vars suurlemoensap

  • sowat 500 ml droë broodkrummels
    verkieslik tuisgemaak

  • ’n knippie droë Italiaanse kruie

  • pietersielie

  • 125 ml meel

  • 2 eiers geklits

  • 30 ml water

  • 15 ml olie

  • botter en olie vir vlakbraai
    SAMPIOENSOUS

  • 30 ml botter

  • 400 g gemengde sampioene grofgekap

  • 2 heel knoffelhuisies

  • gerasperde suurlemoenskil na smaak

  • 15 ml Dijon-mosterd

  • 5 takkies tiemie

  • 250 ml crème fraîche (of suurroom)

  • 30 ml gekapte pietersielie

  • suurlemoensap


hoofkos

Free download pdf