Tuis. 08

(Tuis.) #1
Huisplante soos varings woestynrosies (Echeveria) en ander
vetplante baba-se-trane (Soleirolia soleirolii) en ’n wildevy in
potte sluit aan by die groenigheid teen die kombuisvensters.
Daarby sit Ferdi ook graag loof wat lank hou soos groot
strelitzia-blare in blompotte.

Dié Pretorianer en eienaar van Pulse Creative Concept
Decorators spesialiseer in verftegnieke op meubels en mure
asook binneontwerp. En jare al droom hy daarvan om ’n pakhuis
in sy droomhuis te omskep.
Tuisen Ferdi se paadjies het die eerste keer in 2009 gekruis
toe hy pas sy werkswinkel en ateljee geskuif het na ’n
nywerheidsgebou in Capitol Park ’n voorstad van Pretoria.
’n Jaar gelede het dié ou fabriek se boonste vloer – toe nog ’n
gimnasium – beskikbaar geword en kon Ferdi uiteindelik sy
droom bewaarheid.
Dit was ’n groot oop ruimte van 300 m² met ’n hysbak-skag in
die middel. Die enigste vertrekke was ’n aantrekkamer en
badkamer in die hoek.
Ferdi het dadelik aan die werk gespring. Met die gebruik van
skerms en slim meubelplasing is die een groot vertrek in kleiner
“kamers” verdeel. Een muur wat oor die hele lengte van die
vloer strek is blou geverf en dit het die toon aangegee vir die res
van die dekor. Ter wille van deurlopendheid is die hele
sementvloer wit geverf terwyl ’n baksteen-verftegniek teen van
die oorblywende mure kontras verleen.


Nuutste tendense


Ferdi se styl is eklekties maar die inkleding van sy New York-
styl-woning weerspieël alles wat tans die botoon voer in die
dekorwêreld: tekstuurryke fluweel tropiese detail industriële
afwerkings treffende versamelings oral – en die mooiste
meubels waaronder vintage-vinielkombuisstoele uit die middel
van die vorige eeu.
“Vir kliënte doen ek altyd ’n goed beplande voorlegging maar
in my eie huis maak ek staat op gevoel” verduidelik hy. “Soms
beplan ’n mens iets en dan werk dit nie; ander dinge val weer
eenvoudig in plek.”
En moenie dink hy het voor die voet nuut gekoop nie. “Ek glo
in hergebruik; dit wat ek het moet ek laat werk in die spasie tot
my beskikking.
“Vir my gaan dit eerder oor meubelstukke red afstof en ’n
ereplek gee. Wanneer ek na veilings en pandjieswinkels gaan
sien ek potensiaal in alles en dan jeuk my vingers om ’n stuk te
neem en dit nuwe lewe te gee.”


Kreatiewe visuele oplossings


is Ferdi Louw se lewe.


Ferdi wou graag ’n tuin in sy
ateljeewoonstel hê toe laat druk
hy ’n tropiese toneel op deursigtige
viniel en plak dit oor die
staalraamvenster by die kombuis.
Free download pdf