Tuis. 08

(Tuis.) #1

Augustus 2017 tuis 41


Die U-vorm van die huis en die werf met sy keisteen-paadjies
perfek gemanikuurde heinings en stokkielekkerboompies laat dit
kompleet soos die Franse platteland lyk.
Maar kyk jy mooi is dit onmiskenbaar Suid-Afrika: Die Kaaps-
Hollandse gewel van die hoofhuis verklap dis ’n stukkie Bolandse
paradys; so ook die geelhout- en wildevyboom agter die huis.
Dis Jean en Teresa Groenewald se droomhuis. Ná jare in
Johannesburg het hulle in 2006 besluit om die Goudstad se stof
van hul voete af te skud en die Eikestad hul nuwe tuiste gemaak.
“Jean het twee jaar tevore die geleentheid gekry om ’n deel van
die geskiedkundige plaas Libertas te koop waarvan 30 hektaar in
die Patrysvlei-landgoed ontwikkel is” vertel Teresa ’n oud-
verpleegster. “Jean het vier erwe van altesaam 15 hektaar bekom
en drie daarvan verkoop. Elke eiendom op die landgoed het sy eie
dam olyfboord en wandelpaaie en die nuwe wonings moes
inskakel by die geskiedenis van die omgewing en die styl van die
Libertas-opstal deesdae ’n erfenisgebou.
“Ek voel baie bevoorreg en dankbaar om hier te kan bly” vertel
Teresa. “Die Eersterivier loop voor ons huis verby en daar is ’n dam
met 50 voëlspesies in ons agterplaas.
“Veral die buitegeboue met hul klipafwerking is vir ons baie
spesiaal want al die klip het hier uit die grond gekom toe die
fondasies gegrawe is.” >>

As jy by dié bekoorlike “plaashuis”


buite Stellenbosch stilhou kan jy


jou vir ’n oomblik misgis.


Teresa is dol oor krulwerk en dié in
die kombuis is deur Renée de Waal
van Xperiencemakers ontwerp.

Gewone klimop is
teen die muur
opgelei in ’n
espalieer-vorm.

Free download pdf