In my tuin is ek op my gelukkigste. Ek geniet dit om tyd hier te spandeer
en het heelparty betowerende stil ruimtes geskep. â Peter
Peter se raad
- As jy in ân nuwe huis intrek beplan die tuin
en plant dadelik bome en struike want dit
neem tyd om te vestig. - Plant soveel moontlik waterwys en
inheemse plante. Dit is hulle wat die minste
onderhoud verg en boonop in tye van droogte
oorleef. - Ek gebruik geen plaag- of onkruiddoders
nie. Die onkruid word uitgetrek en die natuur
neem sy loop om van skadelike insekte
ontslae te raak. - Kweek jou eie plante. Maak steggies en
verdeel plante om uitgawes te beperk. Die
meeste van my aalwyne en malvas is van
steggies gekweek. Ek plant steggies van
geharde plante direk in die grond; ander druk
ek in ân bietjie hormoonpoeier en plant dit
eers in ân potjie. Wanneer die plant gevestig
is word dit in die tuin uitgeplant. Ek kweek
ook plante van saad en het ân geelhout- en ân
stinkhoutboom so aan die groei gekry. - Voed jou grond. Ons grond is baie sanderig
en die water loop net weg. Om dit te verbeter
werk ek elke jaar tuisgemaakte kompos in en
los van die blare wat afval om ân natuurlike
deklaag te vorm en die grond te voed. ân
Goeie deklaag rondom plante is ân moet.
[GUNSTELINGPLANT]
Die bloureën (Wisteria sinensis)
is in die lente vol geurige
pers blomme.
92 tuis Augustus 2017
âDie palmboom in die
agtertuin (bo) is so hoog
ek dink dis moontlik so oud
soos die huisâ sê Peter.
Hy het baie van die malvas
soos dié een met die mooi
pienk blomme van steggies
gekweek.