Tuis. 08

(Tuis.) #1
groen

Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholster
Stilering Melissa Rautenbach

Marié Esterhuyse

Gebruik groen blaarplante vir ’n rustige


gevoel in jou tuin.


KIES


Wanneer ’n mens ’n bedding beplan is jou eerste
gedagte gewoonlik watter kleur blomme jy daar
gaan plant. Maar sê Helia Smit tuinboukundige
by Joostenbergvlakte se Cape Garden moenie
van groen blaarplante vergeet nie. Dit het meer
voordele as wat jy dink!
“Wanneer jy al die elemente van loof kombineer gee dit
’n besonderse gevoel aan ’n tuin. Dit is beslis nie
oninteressant nie en allesbehalwe onnodig. Groen het ’n
kalmerende uitwerking op ’n mens en ’n bedding met
loofplante van verskillende teksture vorms en skakerings
van groen kan lieflik wees!”
Volgens Helia speel groen ook ’n waardevolle rol in jou
tuin. “Blaarplante en struike wat nie bladwisselend is nie
verskaf heeljaar ’n mooi prentjie nie soos blomplante wat
net vir ’n sekere tyd van die jaar kleur gee nie. Dit gee ook
diepte aan jou tuin as jy groenigheid van verskillende
hoogtes kombineer noodsaaklike tekstuurkontras as jy
loofplante met groot blare gebruik en ook kleurkontras as jy
dit met ander kleure kombineer.”

Idees en kombinasies
Helia stel die volgende voor:


  • Kies ’n verskeidenheid loofplante sommige met groot
    blare soos die geraamteplant (Monstera deliciosa) of
    olifantsoor (Alocasia macrorrhiza) en ander met fyn blare
    soos die seweweeksvaring (Rumohra adiantiformis)
    nooienshaarvaring (Adiantum raddianum) of Asparagus sin.
    Protasparagus densiflorus ‘Sprengeri’.

  • Werk ook met langwerpige blare soos dié van die
    portaalplant (Aspidistra elatior) of Liriope muscari ‘Evergeen
    Giant’ saam met groot ronde blare soos dié van die
    Philodendron selloum of die geraamteplant.

  • Kombineer Philodendron ‘Xanadu’ of wilderabarber
    (Acanthus mollis) se donkergroen blare met ’n ligter groen
    blaar soos die katstert (Asparagus densiflorus ‘Meyersii’) en
    die seweweeksvaring. Die kleurkontras is pragtig! >>


Helia Smit

94 tuis Augustus 2017


Het jy
geweet?
Loofplante met groot
groen blare aard die
beste in half- tot
volskaduwee om die
ǀĞƌůŝĞƐĂĂŶǀŽŐƟŐŚĞŝĚ
te beperk. Met hul
groot blare is daar ’n
groter area wat water
kan verloor weens
verdamping in die
warm namiddagson.

tuin plante van die maand

Free download pdf