Jenny Venter is sewe jaar
gelede skrootwerf toe om ân
ou melkemmer te gaan soek.
âWat ân belewenisâ onthou sy.
âEk het die wonderlikste skatte ontdek: trommels ou
diefwering ysterwiele sinkbaddens tuinhekke posbusse
emaljeware en nog vele meer. Ek het verlief geraak op die
goed en besef my tuin is die enigste plek waar ek dit
kan gebruik.â
Vandag het sy 79 melkemmers en stapels trommels in
haar tuin. Sy en Andy Anderson eienaar van die plaaslike
skrootwerf het mekaar met verloop van tyd leer ken en hy
bel haar wanneer hy mooigoed inkry.
Die Venters het in Januarie 2009 hier by hul huis in
Kimberley ingetrek. Jenny het begin om die tuin wat toe
net dorre struike en gras was van nuuts af te beplan.
âGelukkig was daar groot bome in
die agtertuin vir skaduwee. Ek het
die huis en buitegeboue se lyne
gebruik om die tuin in blokke te
verdeel; so skep die tuin en die
geboue ân eenheid. Om
verskillende hoogtes te
bewerkstellig het ek ân visdam en
ân verhewe blombedding gebou.
Die swembad wat effens
opgebou is het ook hiermee
gehelpâ vertel sy.
Ná die lyne blokke en
verskillende hoogtes in plek was
het Jenny dit blok vir blok beplant
en met mooigoed versier. âEk het
baie klippe stene en sement-
blokke gebruik vir tekstuur en
min onderhoud. Aanvanklik het
ek oorwegend laventel geplant
omdat dit binne een seisoen groot
word en blom. Namate die laventel stokkerig en onnet
begin raak het het ek dit met waterwys plante vervang.
âMy eerste melkkanne en trommels het ek langs die
braai en teen oop mure gebruik. Geleidelik het my
skrootwerfversameling gegroei en het dit ook binne-in die
beddings beland. Dit het net so onbeplan deel van my
tuinmakery geword en ek skuif dit gedurig rond soos die
beddings verander.
âHoewel ons lieflike sonskyndae in die winter kry is
ons winters droog en koud met ryp. Maar dit pla nie die
vetplante nie. Hoe kouer die dae hoe rooier word party
veral die Crassula capitella wat ek hier het. Die somers is
weer uitsonderlik warm en die meeste waterwys plante
sal nie sommer in ân hittegolf verlep nie al is water ook
hoe skaars.â >>
Die dammetjie is
gebou om hoogte
te gee in die tuin.
Kleintyd het die
seuns goudvissies
hierin gehad en het
sy al die waterlelies
geplant.
Vier jaar gelede
het Jenny besluit
die gras op die
sypaadjie en in
die voortuin (regs)
moet uit. âEk
wou daar ook ân
meer waterwys en
lae-onderhoudtuin
skepâ sê sy.
Kalanchoe