Desember 2017 tuis 13
Koekeloer!
Karen Roos van die Babylonstoren-wynplaas buite die
Paarl het dié pragtige boekrakke vir die gastekothuise
op die plaas laat maak. Die geelhoutstruktuur ontwerp
deur Prowell Kitchens verskaf ân uitsig op die tuin en
laat natuurlike lig by die ruimte in.
Vir ons is daar
nie iets soos te veel
kleur nie! â Rita
Muur tot muur Adriaan en Rita Louw is kranige selfdoeners
en koop nie ân nuwe boekrak as hulle self een kan aanmekaartimmer nie.
Die paartjie het die nodige mate geneem sodat die rak ân hele muur in hul
sitkamer kan beslaan en netjies om die TV-kas pas. Toe het hulle Supawood
op maat laat saag by hul plaaslike BUCO op Hermanus waarna Rita elke
rak in die Plascon-kleur New Meadow geverf het. Die rakke is by die hoeke
aanmekaargesit met kwartrondes houtlym en skroewe vir ân kratvoorkoms;
dwarsstutte net bo die TV ondersteun die boonste deel. Die nuwe boekrak pas
perfek by die ander vrolike meubelstukke in dié ruimte en huisves nou die
Louws se boekversameling â selfs ân paar uit hul laerskooldae! >>
Foto
Greg Cox/Bureaux