Tuis. 12

(Tuis.) #1
1 Verwyder die dop maar behou die kop en stertjie van die
steurgarnale. Haal die derm uit en druk die geweekte stokkies van die
kop tot die stert deur die steurgarnale.
2 Vir die gremolata meng die suurlemoensap en -skil knoffel
pietersielie en olyfolie. Giet dit oor die steurgarnale en marineer
vir 10 minute.
3 Pak die steurgarnale in ’n toeklaprooster. Braai tot pienk en
goudbruin terwyl jy deurentyd met die gremolata smeer. Geur met
sout en swartpeper en sit voor. >>

Gebraaide steurgarnale met gremolata


Genoeg vir 6 (2 per persoon) • Bereidingstyd: 30–40 minute • Gaarmaaktyd: 8–10 minute



  • 12 ekstragroot steurgarnale

  • 12 kebabstokkies in water geweek

  • 2 suurlemoene sap uitgedruk en
    skil fyngerasper

  • 1 knoffelhuisie gekap

  • ’n hand vol pietersielie fyngekap

  • 10 ml olyfolie

  • sout en varsgemaalde swartpeper
    na smaak


Desember 2017 tuis 33

Free download pdf