Tuis. 12

(Tuis.) #1

Ek maak my skaapboud in die prutpot dan is die vleis altyd smeltsag. – Alda


Desember 2017 tuis 43


Eisbein
Alda se kruietuin is ’n lushof en al die
eetbare blaartjies en blommetjies kom
handig te pas by die vleis wat stadig
gerooster word.

Genoeg vir 10 as deel van die feesmaal
Bereidingstyd: 1 uur • Gaarmaaktyd:
4–5 uur • Oondtemperatuur: 200 °C


  • 5 gepekelde eisbeins

  • 2 wortels grofgekap

  • 2 selderystingels grofgekap

  • 5 ml heel peperkorrels

  • 4 lourierblare

  • 1 liter gemmerbier

  • 4 suur appels in kwarte gesny en ontpit

  • sagte kruieblaartjies

  • Ginger & Peppadew Pepper Relish vir
    voorsit (kry dit by Woolies)
    GLASEERSEL

  • 60 ml korrelmosterd

  • 60 ml heuning


1 Spoel die pekel van die vleis en gebruik ’n
skerp messie om net-net deur die vellaag te
sny. Sit dit dan in ’n groot pot saam met die
wortels seldery peper lourier en gemmer-
bier en bring tot kookpunt. Draai die hitte
laag en laat kook tot die vleis van die been
wil afval. Alda span natuurlik hiervoor ook
haar prutpot in maar as jy nie een het nie
kook die eisbein vir 2 uur en laat dit in die
sous afkoel vir nog 2 uur.
2 Voorverhit die oond. Haal die vleis uit die
kookvloeistof en sit dit in ’n oondroosterpan
saam met die appels. Meng die glaseersel-
bestanddele met genoeg kookvloeistof om ’n
dik smeer te vorm en verf mildelik oor die
vleis. Bak tot die vleis blink. Sit voor met ’n
strooisel sagte kruieblaartjies en Ginger &
Peppadew Pepper Relish of jou gunsteling-
tamatiesmoor.

Skaapboud
Smeer1 groot skaapboudoraloor met
olyfolieworcestersousenblatjang. Sit die
boud2 groot uie in wiggies gesny en ’n
paar takkiesroosmarynin die prutpot op
hoog en laat prut vir sowat 4 uur – dit moet
van die been afval. As daar te veel vog in
die pot is skep ’n bietjie uit en strooi
3 eetlepels van Ina Paarman seBeef
Flavour Stock Powderoor. Laat vir nog so ’n
halfuur deurkook tot die sous dik raak.

Beet-en-vyeslaai met
geroosterde radys
Genoeg vir 10–12 • Bereidingstyd: 1 uur
Gaarmaaktyd: 30 minute


  • 6–8 mediumgroot bete geskil en in
    wiggies gesny

  • 125 ml suiker

  • 125 ml balsemiekasyn

  • 125 ml kookwater

  • 60 ml olyfolie

  • 100 ml pampoensaad

  • 100 ml sonneblomsaad

  • 1 bossie radyse baie goed gewas en
    blaartjies kort geknip

  • 8–12 ryp pers vye oopgeskeur

  • twee hande vol roket of baba-slaaiblare

  • 100 ml gedroogde bosbessies

  • parmesaanskaafsels


1 Kook die beet in die suiker asyn en water
tot die beet sag en stroperig is. Laat
heeltemal afkoel. Geur met sout en
swartpeper.
2 Verhit die helfte van die olyfolie en rooster
die sade stadig tot hulle begin oppof.
Verwyder van die hitte en geur met growwe
sout. Laat afkoel.
3 Meng die radyse met die orige olyfolie en
geur met sout en peper. Rooster vir ’n paar
minute onder ’n warm roosterelement – dit
gee die radyse ’n heerlike tekstuur.
4 Om saam te stel rangskik die beet
radyse en vye tussen die blare en strooi dan
die bosbessies sade en parmesaankaas
oor. Sit voor met olyfolie en ekstra
balsemiekasyn. >>

Konsertina-botterskorsie
Skil 3 klein botterskorsies halveer en
ontpit. Sny nou elke helfte met ’n skerp
mes in dun konsertinaskyfies (maar nie
regdeur nie) en rooster dit vir sowat
40 minute in die oond met sout en
peper olyfolie lourierblaar knoffel en
suurlemoensap. Ons het vir die lekker
ook laventelblaarbotter bygestip maar
dit is opsioneel.

Heel blomkool met
ham en kaassous
Blomkool en kaassous is almal se
gunsteling. Gee dit ’n kinkel deur die heel
blomkoolkoppe in die mikrogolf te stoom tot
net gaar maar nog lekker krakerig. Druk nou
rolletjies gerookte ham tussen die blomme
in sodat die pienk hier en daar uitloer.
Bedruip met kaassous en strooi
neutmuskaat oor. Bak in die oond tot
goudbruin.

Cornel se
hoenderpastei
Net soos Alda se skaapboud is haar suster
Cornel se hoenderpastei uit die Aga ook ’n
instelling. Die resep is eenvoudig gaar
hoender wat sy met haar geheime wapen
Bakels se Fino Chicken Pie Mix en uie
opdollie en in ’n degie bak. Makliker kan dit
nie. As jy nie die geurmiddel kan kry nie
hier is ons weergawe:

Genoeg vir 10 • Bereidingstyd: 45 minute
Baktyd: 1 uur • Oondtemperatuur: 200 °C


  • 80 ml botter

  • 2 uie fyngekap

  • 80 ml meel

  • 250 ml hoenderaftreksel

  • 500 ml melk

  • 1 lourierblaar

  • ’n knippie neutmuskaat

  • 2 kg gaar hoender gevlok

  • blaardeeg

  • geklitste eier


1 Smelt die botter in ’n pot en braai die uie
tot geurig. Klits die meel by en braai tot
skuimerig. Klits nou driftig die aftreksel en
melk by. Voeg ook die lourierblaar en
neutmuskaat by en laat prut terwyl jy
aanhoudend klits totdat ’n dik witsous vorm.
Geur na smaak met sout en varsgemaalde
swartpeper; verwyder die lourierblaar.
2 Voorverhit die oond. Roer die gevlokte
hoender by die witsous en skep die mengsel
in ’n oondvaste pasteibak. Bedek die vulsel
met blaardeeg verf met eier en versier met
ekstra stukkies deeg. Bak die pastei vir
sowat 15 minute teen dié hoë temperatuur
sodat die blaardeeg kan begin pof; draai
dan die hitte af na 180 °C en bak tot
goudbruin en deurgaar.
Free download pdf