Tuis. 12

(Tuis.) #1
Die kleinkinders: Agter sit Johan en Amori
se Nieke (5) en Jua (2) en oorkant hulle
van links Marco en Jannien se Adriaan (6)
Klara (4) en Lihan (2).

Kersoggend gaan die gesin saam kerk toe. Teen dié tyd staan Carol-Ann se mooi
gedekte tafel al reg want om ’n elegante tafel met ’n Karoo-tema te dek is een van haar
groot liefdes. Ná ete begin die lekker samesyn en Die Groot Gespeel soos wegkruipertjie
agter die fontein. Veral oupa Hannes moet bontstaan tussen die sewe kleinkinders.
“Buiten al die lekker saamkuier is dit vir my baie spesiaal dat ons seuns en hul gesinne
Kersfees om die régte rede vier” mymer Carol-Ann terwyl sy die spekboom op haar sjiek
wit tafel herrangskik. >>

Free download pdf