Tuis. 12

(Tuis.) #1

Dié “manna” is


piepklein roosterkoekies


so genoem deur Carol-
Ann se kleinseun
Adriaan.

Karoo-spyskaart


Voorgereg
Hoenderlewerpatee
Manna-roosterkoekies
–––––––
Hoofgereg
Karoo-lamskenkelpotjie
Stampmielies
Beet-slaaistapels
–––––––
Nagereg
Ouma Pauline se brandewyntertjies
Tuisgemaakte vanieljeroomys

Resep op bl. 62

Hoenderlewerpatee
Genoeg vir 6 as voorgereg
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute


  • 30 ml botter

  • 1 mediumgroot ui fyngekap

  • 100 g sampioene fyngekap

  • een groot knoffelhuisie gekap

  • 500 g hoenderlewers mooi skoongemaak

  • 5 ml basiliepesto

  • 5 ml korrelmosterd

  • ’n knypie vars tiemieblaartjies

  • ’n knypie gemengde gedroogde kruie

    • 100 ml room

      • 100 ml botter gesmelt

        • 100 ml verhelderde botter vir afronding
          (opsioneel)
          1 Verhit die botter in ’n dikboompan en
          braai die ui tot glansend. Voeg die
          sampioene en knoffel by en braai tot geurig.
          Voeg nou ook die lewer by en braai tot bruin
          buite maar nog ligpienk binne. Geur met die
          pesto mosterd tiemie gemengde kruie en sout
          en peper na smaak en braai vir nog ’n minuut
          sodat alles mooi bymekaarkom.
          2 Skep in ’n mengbak voeg die room en
          gesmelte botter by en verwerk tot ’n gladde
          effens loperige mengsel. Giet in die houer of
          koppies waarin jy die patee gaan voorsit en
          laat heeltemal afkoel. Bedek met ’n lagie
          verhelderde botter en sit in die yskas tot gestol.
          Ons het net voor opdiening sterretjies uit die
          botter gesny vir ’n feestelike gevoel. Laat gerus
          die verhelderde botter weg en versier die patee
          met ’n takkie vars tiemie of sagte kruie-
          blaartjies en ’n bietjie varsgemaalde
          swartpeper.







Free download pdf