Tuis. 12

(Tuis.) #1

’n Klein kamertjie (bo middel) langs die kombuis is in ’n spens omskep met
plek vir die ys- en vrieskas. “Ek is nie lief vir ’n yskas in die kombuis nie; dit
doen net afbreuk aan ’n huislike gevoel” sê Amelia.


Min dinge laat Darryl en Amelia Caalsen
se vingers so jeuk soos ’n verwaarloosde
huis wat lank leeg gestaan het ...
Geen wonder die egpaar het in 2013 toe
hulle hier vakansie gehou het hul hart
verloor op ’n ou vervalle huis met ’n
toegegroeide tuin nie. “Ons het die
geleentheid aangegryp om hier te kom
woon” vertel Amelia. Die egpaar was toe
nog voltyds in Engeland maar deesdae
pendel Darryl ’n regsadviseur tussen
Kaapstad en hul huis.
Hulle verkies dit om ’n ou plek te koop
sodat hulle dit na hul eie smaak kan inrig
verduidelik Amelia. Dié ma van drie is
voltyds betrokke by die egpaar se
opknapprojekte – hulle koop ’n huis trek
in maak reg en verkoop dit weer. En so het
dié twee gesoute opknappers al ’n
halfdosyn huise in ere herstel – twee in
Engeland en vier in Suid-Afrika.
So tussen die verouderde afwerking en
onooglike aanbousels het die Caalsens
heelwat potensiaal raakgesien. Dit was
immers ’n geskiedkundige huis wat aan die
NG Kerk oorkant behoort het met hoë
plafonne houtvloere sjarmante houthortjies
en pragtige uitsigte: op die Kasteelberg aan
die agterkant en aan die voorkant op die
kerk en hoë plataanbome.
Buiten die algemene verval was die uitleg
baie ongerieflik en die vertrekke donker.


“Agter was ’n onooglike aangeboude
opwaskamer” onthou Amelia. “Die enigste
badkamer naby die slaapkamers is deur vorige
eienaars aangebou maar met heelwat laer
mure as die res van die huis. Die eiendom is
langs die kerksaal en gelukkig kon ons die
kerkkombuis wat reg langs ons hoofslaapkamer
was ook koop sodat ons dit in ’n en suite-
badkamer kon omskep.”

Jy sou nooit kon raai hier woon drie
kinders onder agt nie maar Amelia soek
haar mooigoed fyn uit en gaan slim te
werk met wasbare oppervlakke.
“Ek gebruik altyd ’n goeie wasbare
muurverf en het wasbare los oortreksels
op die rusbanke.
͞KƉĚŝĞŵĞƵďĞůƐǁĂƚŶŝĞŐĞƐƚŽīĞĞƌŝƐ
nie het ek met kleure en krytverf-
tegnieke rondgespeel (Amelia meng haar
eie krytverf – sien kassie onder). Van die
meubels se handvatsels het ek vervang
om ’n Franse gevoel te skep wat die
ĂĨŐĞǁŝƩĞǀůŽĞƌĞŬŽŵƉůĞŵĞŶƚĞĞƌ͘
“Ek het al die deurkosyne hortjies en
vloerlyste in Plascon se French
Chartreuse geverf pleks van die
gebruiklike wit – dit skep meer karakter
en warmte.
“Al die kandelabers en lampe kom
van oudhedewinkels terwyl die
metro-teëls in die badkamer meer
modern is.” >>

Harmonie met
drie kinders onder 8

Amelia se krytverfresep



  • ½ koppie gips

  • ½ koppie koue water

  • 1½ koppie verf met ’n waterbasis
    (ek gebruik Plascon Polvin) in die
    verlangde kleur


Meng eers die gips en water goed
en voeg dit dan by die verf (gooi
nog water by as dit te dik lyk).

Die eens aparte outydse kombuis is nou
nommerpas vir ’n bedrywige moderne gesin
se leefstyl – en Amelia se liefde vir bak.

Desember 2017 tuis 67

Free download pdf