Africa’s Bowhunter – August 2019

(sharon) #1

die vark het nie baie ver gehardloop nie. Wat sou gebeur indien ek
nou, 17 jaar later, met ’n Firestorm jag wat in ’n goeie toestand is? Net
dieselfde. Die boog is steeds meer as goed genoeg om ’n bok mee plat
te trek en indien ek in ’n putskuiling sit en ’n bok deur die ribbes skiet,
sal dit ook 100 meter verder land. Dit is hoe goed die boog destyds
geskiet het en dit is hoe goed dit vandag nog sal werk.
Die spesifieke boog was op 70 pond gestel. Tydens een jagtog het
ek egter met oom Tom Cairncross se boog gejag, ook ’n Firestorm,
maar syne was op 55 pond gestel. Die boog kon tussen 50 en 60 pond
stel. Ek het ’n blouwildebees daarmee geskiet. Die pyl het deur die
bees se ribbes gevlieg en ook baie ver anderkant die bok geland.
Indien jou vriend dus een van die nuutste boë op die mark koop, is
dit wonderlik, maar moenie dat dit jou laat voel dat jou boog nou nie
meer goed genoeg is nie.
Ongeveer ’n jaar gelede het ’n vriend my vertel hy het ’n boog
gekoop en gevra dat ek daarna kyk. Toe hy die boog oorhandig, was
ek verbaas oor hoe oud dié boog was. Sover ek kon vasstel, is die
boog reeds in die 1970’s gemaak. Dit is ’n PSE met houtvere en klein
ronde knokke (cams). Ek wou eers vir hom sê dat die boog nutteloos
is en dat hy eerder vir hom ’n nuwe boog moet aanskaf. Dit is na alle
waarskynlikheid die beste raad. Om onderdele vir die boog te bekom
is bykans onmoontlik. Die boog skiet ook ’n pyl teen ’n stadiger spoed
as my gekurfde boog.
Ek het egter besluit om die boog te toets. Ek het ’n moderne visier
op die boog gesit, asook ’n nuwe pyklrus. Ek het ’n loop op die snaar
aangebring, limbsavers op die vere geplak en silencers aan die snaar
vasgemaak. Die boog skiet baie stil en baie akkuraat. En, indien sake
reg verloop, gaan ek binnekort ’n bok daarmee skiet. Indien jagters
in die 90’s met dié boog kon jag, kan ek ook. Indien ek met daardie
boog suksesvol kan jag, kan jy vir seker weet die boog wat jy ’n paar
jaar gelede gekoop het, is nog net so dodelik as wat dit was toe jy dit
gekoop het.


Groete


Rean Steenkamp

Free download pdf