Tuis. 01

(Tuis.) #1
Steurgarnaal-en-
avo-happies
Die garnaalkelkie-voorgereg uit die jare
70 en 80 is dalk nie meer in die mode nie
maar die kombinasie van romerige avokado
en pikante steurgarnale bly immergroen.

Genoeg vir 4 as voorgereg
Bereidingstyd: 25 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute


  • 12 vierkantige wonton-deegvelletjies

  • kanola-olie

  • 12 gaar steurgarnale

  • 80 ml Franse mayonnaise

  • 15 ml tamatiesous

  • 3 ml rooipeper

  • ’n paar druppels Tabascosous

  • 1 groot ryp avokado

  • lemmetjiesap

  • 1 klein komkommer

  • ’n strooisel mikrokruie


1 Sny die wonton-velletjies middeldeur in
driehoeke. Hou hulle twee-twee op mekaar
anders is hulle geneig om te brand – jy
behoort dus 12 driehoeke te hê. Verhit 1 cm
olie in ’n klein kastrol en diepbraai die
wontons tot goudbruin bros en borrelrig.
Dreineer op kombuispapier.
2 Sny die steurgarnale in die helfte deur en
meng met die mayonnaise tamatiesous
rooipeper en tabasco. Proe en geur na
smaak met sout en peper. Sny die avokado
in skyfies en geur met die lemmetjiesap
sout en peper. Skil en ontpit die
komkommer en sny dit in dun stokkies.
3 Om saam te stel sit twee of drie wonton-
driehoekies op ’n bordjie plaas twee
souserige steurgarnaalhelftes avokado-
skyfies en komkommer op elkeen en rond
af met mikrokruie. Sit dadelik voor.

Kasjoeneut-en-
klappermelknoedels
Sonder die steurgarnale en hoender maak
dié geurige souserige noedels ook ’n lekker
vegetariese gereg.

Genoeg vir 4 ruim porsies
Bereidingstyd: 25 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute


  • 50 g kasjoeneute in peri-peri-speserye

  • 1 knoffelhuisie

  • 2 rooi brandrissies

    • 5 ml borrie

    • 2 cm vars gemmer geskil

    • 30 ml vars koljander

    • 3 sprietuie gekap

    • 15 ml garnaalpasta

    • 60 ml olie

    • 2 hoenderborsies in
      stukke gesny

    • 1 stingel sitroengras gekneus

    • 250 ml klappermelk

    • 250 ml warm water

    • 12 steurgarnale afgedop

    • 125 ml bevrore ertjies

    • 12 ertjiepeule oopgemaak

    • 350 g glasnoedels gaargemaak

    • boontjiespruite vir garnering




1 Verwerk die kasjoeneute knoffel rissies
borrie gemmer koljander sprietuie en
garnaalpasta saam met 45 ml olie om ’n
pasta te vorm.
2 Verhit die res van die olie in ’n groot
braaipan en braai die hoender tot goud-
bruin. Voeg die geurpasta by en braai vir
nog ’n minuut. Voeg die sitroengras
klappermelk en water by en bring tot
kookpunt. Roer die steurgarnale ertjies
en ertjiepeule by en laat prut vir sowat
5 minute saam tot gaar en geurig. Verwyder
die sitroengras en geur met sout en peper
(of gebruik sojasous).
3 Verdeel die noedels tussen vier bakkies
en skep die klappersous bo-oor. Strooi die
boontjiespruite oor en smul dadelik.

Rumkoek
’n Soete verleiding met skop en net vir
grootmense. Ek het die resep aangepas uit
Mari-Louis Guy en Callie Maritz seKoeke
ter viering van liefde en lewe– ’n moet-hê
vir jou bakboek-versameling.

Maak 1 koek
Bereidingstyd: 25 minute
Baktyd: 40 minute


  • 125 g botter by kamertemperatuur

  • 250 g (3125 ml) ligte bruinsuiker

  • 2 eiers geklits

  • 300 g (535 ml) koekmeel gesif

  • 30 ml klapper

  • 15 ml bakpoeier

  • knippie sout

  • 250 ml klappermelk

  • 60 ml rum

  • 5 ml vanieljegeursel

  • gerasperde skil van 1 lemmetjie

    • 200 g gemengde neute grofgekap
      RUMSOUS

    • 120 g botter

    • 200 g (250 ml) ligte bruinsuiker

    • 60 ml water

    • 100 ml rum




1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Klits die
botter en suiker saam tot romerig. Voeg die
eiers een vir een by en klits ná elke
byvoeging tot goed gemeng. Meng die meel
klapper bakpoeier en sout en meng dié
mengsel om die beurt met die klappermelk
by die eiermengsel. Voeg laastens die rum
vanielje suurlemoenskil en neute by en
giet in ’n gesmeerde ringkoekpan. Bak vir
40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
2 Maak die rumsousSmelt die botter
suiker en water saam en bring tot kookpunt.
Laat prut vir 3 minute. Roer die rum by en
giet die helfte van die sous oor die warm
koek sodra dit uit die oond kom. Wag tot al
die sous ingetrek het voordat jy die koek
uitkeer. Bedruip met die res van die sous
net voor jy dit voorsit.

Yskastertmet
gemmerkoekies
Jy kan dié yskastert ook met ’n koekiekors
in ’n plat bak maak en in blokkies voorsit.

Genoeg vir 6–8 porsies
Bereidingstyd: 35 minute


  • 1 houer (230 g) mediumvet-roomkaas

  • 1 blik kondensmelk

  • 125 ml suurlemoensap

  • gerasperde skil van 1 lemoen en
    1 suurlemoen

  • 125 ml Orley Whip

  • 8 gemmerkoekies gekrummel

  • vars vrugte soos aarbeie kiwivrug
    mango en bessies


1 Klits die roomkaas tot net glad. Voeg die
kondensmelk suurlemoensap en die
lemoen- en suurlemoenskil by en klits tot
net gemeng. Giet die Orley Whip in ’n aparte
bak klits tot stywe punte vorm en vou dit by
die kondensmelkmengsel in.
2 Skep nou ’n teelepel vol koekiekrummels
onder in 6 mooi mengeldrankieglase of
bakkies rangskik ’n dun lagie vrugte bo-op
gevolg deur ’n groot skep kaasmengsel.
Herhaal tot die glase vol is. Sit in die yskas
tot jy gereed is om dit voor te sit. >>

114 tuis Januarie 2017


tropiese kos

Free download pdf