Tuis. 01

(Tuis.) #1

happies is perfek vir ’n skemerkelkie of as peuselkos lan s die swembad.


DIS PARTYTJIETYD

Varkworsrolletjies



  • 1 rol (400 g) goeie blaardeeg

  • 8 skyfies (sowat 125 g) dun ham

  • 30 ml korrelmosterd

    • 6 vars varkworsies vel verwyder

      • ½ klein wit ui fyngekap

        • 4 gemarineerde songedroogde
          tamaties gekap







  • 15 ml platblaarpietersielie fyngekap

    • 1 eier geklits



  • 10 ml sesamsaad


1 Rol die deeg oop op ’n skoon werkoppervlak
en sny dit in twee ewe groot lengtes. Pak nou
4 velletjies ham oor die lengte op elke deeg-
strook en smeer 15 ml mosterd oor elke strook.
Voeg al die worsvleis saam en rol dit in twee
lang worse. Meng die ui tamaties en kruie en
rol die vleis daarin.
2 Plaas ’n worslengte op elke voorbereide
deegstrook. Rol nou versigtig die deeg oor die
vleis om twee lang worsrolle te vorm. Sny elke
lengte in vier gelyke dele (sny tussen die
velletjies ham) en maak drie insnydings oor
elkeen. Pak die rolletjies op ’n bakplaat wat
met bakpapier uitgevoer is en verf met die eier.
Sprinkel die sesamsaad oor en bak in ’n voor-
verhitte oond teen 200 ºC vir sowat 35 minute
of tot goudbruin en gaar.

Spanspek-en-ham
Spanspek en Parmaham is ’n klassieke
kombinasie maar Swartwoudham wat ’n bietjie
goedkoper is werk net so goed. Rol ’n reep van
die rokerige ham om ’n happie spanspek of ’n
skyfie nektarien en steek dit vas met ’n
basilieblaartjie vir die mooi. Meesterlik!

Baba-aartappels
met crème fraîche en salami
Kook of bak baba-aartappeltjies tot gaar.
Sny ’n kruisie bo in elke aartappel en druk
sodat dit effens oopbreek. Skep ’n lepel
crème fraîche of roomkaas op elkeen en
draai ’n kwartskyfie salami soos ’n rosie bo-
op. Sprinkel met grasuie en siedaar!

Free download pdf