Tuis. 01

(Tuis.) #1

kos stap vir stap


DeurJohané Neilson •Foto’sFrancois Oberholster

1


3


2


4


Kook calamari minder as ’n minuut vir die sagste resultaat.


1 Laat week die calamari (vars of bevrore) vir ’n paar uur in die melk. Dit maak die
calamari sag. 2 Spoel die calamari af en druk droog (gooi die melk weg). Bring ’n pot
water tot kookpunt en voeg die suurlemoensap en lourierblare sowel as ’n knippie sout
by. Dompel nou die calamari in sarsies in die kookwater vir sowat 30–40 sekondes of
totdat dit wit word. Skep met ’n gaatjieslepel uit en verfris dadelik in yswater om die
kookproses te stop.

3 Klits al die marinadebestanddele saam en giet dit oor die calamari. Bedek met
kleefplastiek en sit dit vir minstens 2 uur in die yskas om te marineer – die sitrus sal
die calamari verder “gaarmaak” en geur. 4 Proe die calamari en voeg nog sojasous
lemmetjie of kruie by na smaak. Meng deur die res van die slaaibestanddele en sit
voor op mooi borde. Bykomstighede

@home (0860 576 576 home.co.za)

SMELT-IN-DIE-MOND-


calamari


Gemarineerde
calamarislaai
Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 30 minute plus
marineertyd
Gaarmaaktyd: minder as 1 minuut
per sarsie


  • 1 kg vars of bevrore middelslag-
    calamaribuise en -koppe

  • 500 ml melk

  • 15 ml suurlemoensap

  • 3 lourierblare

  • 90 g babaspinasie

  • 15 ml sesamsaadjies gerooster

  • 200 g murgpampoentjie-
    spaghetti

  • 2 wortels in linte gesny

  • wasabi-mayonnaise (opsioneel)
    MARINADE

  • 2 rooi brandrissies ontpit en
    gekap

  • 15 ml sesamolie

  • 15 ml vissous

  • 15 ml ryswynasyn

  • 30 ml lemmetjiesap

  • gerasperde skil van 1 lemmetjie

  • knippie bruinsuiker

  • 5 ml gekapte vars gemmer

  • 1 klein knoffelhuisie gekap
    (opsioneel)

  • ’n hand vol elk ment en
    koljander

  • 3 sprietuie gekap

  • 15 ml laesout-sojasous of
    na smaak

Free download pdf