Tuis. 01

(Tuis.) #1

122 tuis Januarie 2017



  • 300 g pennepasta

  • 30 ml olyfolie

  • 2 (sowat 350 g)
    chorizoworsies gekap

  • 1 soetrissie gekap

  • 4 selderyvingers gekap

  • 1 brandrissie gekap

  • 1 knoffelhuisie gekap

    • 200 g kersietamaties
      gehalveer

    • 200 g olywe ontpit

    • 125 ml gekoopte
      tamatie-pastasous

    • 30 ml platblaar-
      pietersielie gekap




Pastaslaai met chorizo
Onder R120 • Genoeg vir 4 ruim porsies
Bereidingstyd: 30 minute • Gaarmaaktyd: 15 minute

1 Kook die pasta volgens die aanwysings op die
verpakking tot al dente.
2 Verhit die olie en braai die chorizo tot goudbruin en
geurig. Voeg die soetrissie seldery brandrissie knoffel
en tamaties by en braai vir nog 3 minute. Roer die olywe
en die pastasous by.
3 Meng die sous deur die pasta geur met sout peper en
pietersielie en geniet by kamertemperatuur.

Mediterreense tortillas
Onder R85 • Genoeg vir 32 wiele • Bereidingstyd: 25 minute
Gaarmaaktyd: 5 minute

Dit kan moeilik wees om tortillas vir inpakkos so te rol dat dit nie
gaan mors nie. Dié manier met stokkies omseil die probleem.
Rooster 8 tortillas een-een liggies aan albei kante in ’n droë pan


  • dit maak dit makliker om te hanteer en verbeter die smaak. Smeer
    ’n dik laag soetrissie-hoemoes roomkaas of pesto op. Volg nou met
    3 skyfies ham dungesnyde komkommer kaas en ’n strooisel roket.
    Rol styf op steek op vier plekke vas met stokkies en sny in wiele.


Pak dié lekkernye in vir padkos


of ’n piekniek!


Kom ons


draai hier af


Deur Johané Neilson • Foto’s Francois Oberholster
Free download pdf