Tuis. 01

(Tuis.) #1
Belinda en Joe Soboil het hul pragtige huis agt jaar gelede
gekoop. “Ons was op soek na blyplek met ’n tuin wat groot
genoeg is vir ons drie seuns” verduidelik Belinda. “Joe het dié
huis opgespoor maar ek was nog onseker tot ek verlief geraak
het op die imposante voordeur – en die res is geskiedenis!”
Die huis het ’n opknap nodig gehad maar die Soboils het
besluit om eers ’n ruk daar te woon voor hulle die taak aangepak
het. Só kon hulle met sekerheid besluit wat hulle wou verander.
“Ons het eerste die kombuisarea oopgemaak en toe ’n
deel van die stoep toegebou as ’n TV-kamer vir die kinders”
verduidelik Belinda. “Daarna het die formele sitkamer
dubbeldeure gekry wat op die tuin oopmaak. Dit het die vloei
van binne na buite heelwat verbeter.”
Nadat die nodige strukturele veranderinge aangebring is kon
Belinda haar dekor-stempel afdruk. “Ek sou sê my styl is ’n
mengsel van eklekties en modern – dalk boheems-vintage. Ek
kombineer graag die onverwagte met die ongewone en skep
instinktief ’n voorkoms wat dromerig en gevoelvol is – met ’n
sterk klem op plante.” >>

Die oopplankombuis met sy afgevlakte
vloer is reg langs die toegeboude stoep.
Die groen gehekelde kombers op die
bank is gemaak deur die talentvolle
Norah Karoi die gesin se huiswerker.


Rusbank van Weylandts; kussings van
Skinny laMinx


54 tuis Januarie 2017

Free download pdf