Tuis. 01

(Tuis.) #1
Vreedsame kuierplek
da en Pieter Strauss van Mosselbaai is groot
ergeeste en op ’n soel someraand sal jy hulle heel
rskynlik in hul stylvolle binnehof kry.
Ek werk lang ure en is amper altyd op ’n drafstap”
sê Zelda wat saam met Pieter en hul dogters Lee Nel en
Zelmarie Strauss verskeie Arabesque-dekorwinkels in die
Wes-Kaap besit. “Die binnehof is waar ons graag sit en
ontspan en letterlik niks doen – behalwe miskien aan ’n
mengeldrankie teug!”
Die binnehof is aan die suidoostekant van die huis met
maklike toegang tot die kombuis. “Dis heeltemal beskut
teen die wind en lieflik koel op somermiddae” sê Zelda.
Die paartjie het hul huis in 1987 gebou en oor die jare
het die binnehof ontwikkel in die tropiese ruimte wat dit
vandag is. Zelda ’n geesdriftige reisiger wat inspirasie put
uit elke uithoek van die aarde het die lushof versier met
Mexikaanse bykomstighede – ’n verrassende kombinasie
tipies van haar kreatiewe aanslag. >>

lekker by die huis


DIS NET SO


Deur Marian van Wyk
Foto’s Francois Oberholster
Henrique Wilding en Justin Patrick
Stilering Marian van Wyk en Shelly Bergh

Ry jy vanjaar met Jan Tuisbly se karretjie? Skep dan sommer ’n vakansie-


gevoel tuis. Kry inspirasie uit dié rustige ruimtes ...


dekor kuier buite

Free download pdf