Tuis. 01

(Tuis.) #1
Josie en Stuart Hill het wou meer
privaatheid hê vir hul balau-dek in Fresnaye
op Kaapstad se Atlantiese kusstrook. Josie
het vorendag gekom met die idee van
gedrukte vinielskerms – kompleet met die
see-uitsig wat hulle nog altyd begeer het.
“Ons begroting was knap en daar was
klaar so baie hout dat ons nie nog ’n heining
wou bou nie” verduidelik Josie ’n digitale-
bemarkingstrateeg. “Ons kon ook nie rank-
plante gebruik nie want dit sou deur die
heining na die bure se kant toe groei.”
Sy het Smart Art in Woodstock genader
vir idees geleer hoe Photoshop werk die
foto’s op iStockPhoto gekry en ure se plesier
gehad terwyl sy vier oprolskerms ontwerp
het wat in ’n metaalraam pas.
“Ons het nie ’n tuin nie maar met die
dek het ons ’n alternatief waar Hugo (5) en
sy maats kan speel. Dis die perfekte plek vir
’n koppie tee of om te sit en ontspan ná ’n
dag by die see. Ons luister musiek sit die
feetjieliggies aan en geniet die koel bries”
sê Josie.

Rolskerms deur Smart Art; blou en koraal
strooikussings stormlampe en kers in blou
fles van @home; ander strooikussings en
dekens hoed serp lanterns kers in fles en
houtbak van Woolworths; fles met strooitjie
drinkglas (as vaas gebruik) en turkoois
planthouer van MRP Home

2


’n Mooi
uitsig

Vir lekker
skuins lê





Vakansiegees
Die “tafel” is eintlik ’n vuurput wat Stuart van
’n ou vat gemaak het. Dis halfvol sand en het ’n
metaalrooster en ’n Nutec-deksel wat Josie met
mosaïek versier het. “As dit koel raak haal ons net
die deksel af en maak vuur” sê sy.

Buiten die oprolskerms is die
ander slim ontwerp-idee op die
Hills se dek die gemaklike dagbed in die
hoek. Stuart ’n eiendomsbestuurder het dit
self ontwerp en gemaak.
Die dek is bo-op die garage aan die
oostekant van die huis maar kry heeldag
son. ’n Dak van latte hou die dagbed koel
saam met ragfyn katoengordyne wat ’n
romantiese atmosfeer skep. Skadunet oor
die groter sitgedeelte help ook om die res
van die dek koel te hou. >>
Free download pdf