Tuis. 01

(Tuis.) #1

Ek spit nie graag in


my beddings nie


want dit versteur die


grondorganismes – en


my erdwurms! – Sally


Vet erdwurms is Sally Pretorius se grootste
sukses. “Toe ek my tuin begin het was daar
dele waar nie eens ’n enkele erdwurm was
nie. Vandag is hulle so groot dat ek mooi
moet kyk of dit nie dalk klein slangetjies
is nie!”
Dit het Sally vyf jaar gekos om haar tuin
op Heidelberg in die Wes-Kaap gevestig te
kry maar vandag kom die dorpsmense
graag hierheen om trou- en matriek-
afskeidfoto’s te neem.
“Vandat ek kan onthou het my ma
Monica van Eck ’n pragtige tuin gehad
waarin sy self gewerk het. Sy was lief vir
mooi klippe en plante en elkeen van ons
drie kinders het ’n deeltjie in haar tuin
gehad waar ons ons eie ding kon doen.
“Ek kan nie onthou dat ons ooit na ’n
kwekery toe is nie want my ma het alles
van steggies gekweek of vriende en familie
het plante uit hul tuine aangedra.”
Terwyl Sally voorheen in Pretoria gewoon
het het sy ’n landskapontwerpkursus gevolg
en saam met haar medestudente tuindae
en -skoue bygewoon vir inspirasie.
Deesdae kry sy ook idees op Pinterest.
“En by my gunsteling-ontwerper die Britse
tuinier Alan Titchmarsh” voeg sy by. “Ek sal
graag eendag wil gaan kyk na die tuin wat
hy in sy boek My Secret Garden beskryf. Ja
en as ek eendag groot is sal ek ook die
Chelsea-blomskou in Londen wil besoek.
Dalk loop ek hom daar raak!”
Sally sê sy het deur die jare geleer dat
daar geen hartseer is wat nie genees kan
word deur tyd met jou vingers in die grond
nie. “My liefde vir tuinmaak is dieper
gewortel as net mooi plante in ’n mooi
ontwerp; dis vir my ’n spirituele band met
my Skepper.” >>

’n Lieflike ou eikeboom staan onder in die
agtertuin. Die boog (oorkant) het Sally
van paaltjieheinings gemaak. “Ek vrek oor
ou hekkies soos dié en koop elkeen wat ek
sien” sê sy. Die hoë heining is ’n Syzygium.
Free download pdf