Tuis. 02

(Tuis.) #1
Aartappels het legio
geurpasmaats maar my
gunsteling-kombinasie bly
goudbruin aartappels
gaargemaak met ’n knippie
ƉĂƌŵĞƐĂĂŶŬĂĂƐ͕͛ŶůĞŬƐĞůďŽƩĞƌ
en ’n lepeltjie room – hemel in
elke happie.

room


Aartappels...


Kruie-knoffelbotter
vir steak
Genoeg vir sowat 8 porsies
Bereidingstyd: 10 minute


  • 240 g botter by kamertemperatuur

  • 2 knoffelbolle gerooster*

  • 4 ansjovisfilette fyngekap

  • 10 ml Dijon-mosterd

  • 15 ml klein kappertjiesade

  • 15 ml elk varsgekapte grasuie
    platblaarpietersielie en basilie

  • seesoutvlokkies en varsgemaalde
    swartpeper na smaak


Klits die botter vir 3 minute tot lig van kleur
en romerig. Druk die sagte geroosterde
knoffel uit die skil en voeg dit saam met die
res van die bestanddele by die botter; klits
tot gemeng. Skep die botter op ’n stuk
waspapier en rol in ’n lang wors. Draai die
punte toe en sit in die yskas tot ferm. Die
botter sal tot ’n week in die yskas hou en
kan behalwe vir steak ook gebruik word om
geroosterde groente braaibroodjies of ’n
gebakte eier op te kikker.

*Rooster die knoffel Sny die bokante van
die knoffelbolle (soveel soos jy verkies) af
drup ’n bietjie olyfolie oor elkeen en draai
toe in foelie (of sit dit sommer in ’n bakkie
met ’n deksel). Voeg ’n lourierblaar by as
jy wil. Bak dit dan in ’n warm oond tot
goudbruin en sag – dit neem sowat
30 minute teen 180 °C. Jy hoef nie baie olie
te gebruik nie maar die olie waarin die
knoffel bak kry ’n heerlike aroma en is baie
veelsydig. Hou dit en gebruik in slaaisouse
en roerbraaigeregte.

IndieklassiekeFransekookkunsworddiegereg
waarvoordunskyfiesaartappelstadigindieoond
gebakwordmetroomknoffelenneutmuskaatgratin
Dauphinoisegenoem. Puriste debatteer of kaas nodig is
maar ’n strooisel is darem maar lekker.

Gebruik dit sóKies twee mooi lendeskywe
(“sirloin steaks”) wat nie ’n groot stuk vet
aan het nie en vryf die vleis in met olyfolie
seesout en peper. Braai oor baie warm kole
en/of vlamme tot ’n mooi goudbruin kors
buite vorm en dit so gaar is soos jy daarvan
hou. (Of braai die steaks in ’n baie warm
riffelpan.) Laat die vleis vir sowat 10 minute
rus en sny dan in 1 cm-skywe. Rangskik die
vleis op ’n bed gestoomde groenboontjies
op ’n warm bord en plaas ’n skyfie botter
bo-op. Werk vinnig want dis belangrik dat
die kos lekker warm is en die botter
geleidelik in die vleis en boontjies smelt.
BykomstighedeSmul dadelik saam met jou Valentyn. >>


Poetry (086 055 5529 poetrystores.co.za)


PASMAATS #4

Resep op bl. 115

Februarie 2017 tuis 113

Free download pdf