Tuis. 02

(Tuis.) #1

Stadiggeroosterde


lamsboudmetjogurt


komkommerenment


Genoeg vir 8
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 4 uur



  • 2–3 heel bolle knoffel middeldeur gesny

  • 10 ml soutvlokkies

  • 5 ml heel peperkorrels

  • 15 ml elk gedroogde origanum en ment

  • 1 takkie roosmaryn

  • 1 reep suurlemoenskil

  • 5 ml paprika

  • 1 rooi brandrissie gekap

  • 15 ml heel koljander gerooster

  • 5 ml heel komyn gerooster

  • 60 ml olyfolie

  • sowat 15 ml suurlemoensap

  • 125 ml dik Griekse jogurt

  • 15 kg lamsboud ontbeen


SLAAI



  • 4 klein Mediterreense komkommers

  • 6 mini-komkommers

  • ’n groot hand vol mentblare grofgekap

  • 5 basilieblare geskeur

  • 30 ml gekapte grasuie

  • sap van ½ suurlemoen

  • 10 ml olyfolie

  • varsgemaalde swartpeper

  • 250 ml Griekse jogurt


1 Voorverhit die oond tot 160 °C. Druk die
knoffel uit die huisies van die afgesnyde
bo-deel van die knoffelbolle en sit dit saam
met die sout peper origanum ment
roosmaryn suurlemoenskil paprika
brandrissie heel koljander en komyn in ’n
vysel. Maal rofweg met die stamper tot ’n
geurige pasta. Voeg die olyfolie en
suurlemoensap geleidelik by en meng dan
met die jogurt. Smeer oor die boud en vryf
sodoende al die geure in. Sit die lam saam
met die res van die knoffelbolle in ’n
oondbak met ’n digsluitende deksel en giet
sowat 60 ml water onder in die bak. Maak
styf toe en sit dit in die oond vir sowat 3 uur.
Die idee is dat die lam baie sappig en sag
moet wees maar steeds sy vorm behou.
Toets die vleis en besluit self of jy dit nog ’n
bietjie wil rooster.


2 Haal die vleis uit die oond en bedruip dit
met die sous in die oondbak. Verhoog die
oondtemperatuur tot 180 °C en rooster
sonder die deksel vir 15–30 minute of tot
die bokant van die boud mooi bruin is. Laat
rus die vleis vir sowat 15 minute voordat jy
dit sny.
3 Vir die slaai skil die Mediterreense
komkommers en verwyder die pitte (jy kan
dit inlos ook maar dit trek water). Sny die
geskilde komkommer in blokkies en die
mini-komkommers in ringetjies en geur
goed met sout. Laat vir sowat 15 minute in
’n vergiettes oor die wasbak staan.
4 Druk al die vog uit die komkommer en sit
dit in ’n bak. Meng nou die ment basilie en
grasuie by en geur met die suurlemoensap
olyfolie en swartpeper. Meng die jogurt deur
of skep dit in ’n mooi opdienbakkie soos
ons gemaak het.
5 Om voor te sit sny die lam in dun skyfies
teen die draad en meng met van die
pansouse. Sit voor met die komkommer-
en-mentslaai platbrode of pitas.
Wenk Nog ’n lekker bykos is keker-ertjieslaai
met gebraaide eiervrug kersietamaties en
gebraaide uie.

Roosaartappels
Genoeg vir 12 rose so groot soos ’n muffin
Bereidingstyd: 50 minute
Baktyd: 1 uur


  • 45 ml botter

  • sowat 1 kg mediumgroot
    aartappels (ons het geel
    Mediterreense aartappels gebruik)

  • 125 ml fyngerasperde parmesaankaas

  • seesoutvlokkies en varsgemaalde
    swartpeper

  • 250 ml dikroom

  • ’n ruim knippie neutmuskaat


1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer die
holtes van ’n gewone muffinpan mildelik
met botter. Knip 24 repe bakpapier 1 cm
breed en plaas twee oorkruis in elke holte.
Dit gaan help om die gaar rosies uit te lig.
2 Was die aartappels goed maar dis nie
nodig om hulle te skil nie. Gebruik ’n baie
skerp mes of ’n mandolien en sny ’n kwart
van die aartappels (sowat 250 g) in baie dun
skyfies (sowat 1 mm dik) oor die breedte.

Die grootte van die aartappels en die dikte
van die skyfies gaan bepaal hoe delikaat jou
rosies is. Sprinkel nou die gesnyde skyfies
met sout peper en neutmuskaat en sprinkel
van die parmesaan oor. Meng goed deur.
3 Stel saamRol die eerste skyfie aartappel
in ’n dun sigaartjie op – dit is die binnekant
van die roos. Pak nou blaartjies rondom tot
jy ’n mooi roosknop in jou vingerpunte het.
Sit dit versigtig op die bakpapierkruis in die
muffinpan. Pak nou versigtig nog blaartjies
rondom totdat die holte vol is en die blom
volledig lyk. Dit is belangrik om die
aartappelblaartjies styf in te pak anders
gaan die blom nie sy vorm behou nadat dit
gebak is nie. Dis ook belangrik dat daar ’n
goeie verspreiding kaas tussen die lagies is.
Herhaal nou met die res van die gesnyde
aartappels. Sny dan die res van die
aartappels en herhaal totdat die pannetjie
vol is. Die rede hoekom jy nie al die
aartappels aan die begin sny nie is dat dit
kan oksideer en verkleur.
4 Skep nou lepel vir lepel room bo-oor die
rosies. Laat genoeg tyd vir die room om
deur die lagies te syfer voor jy nog byvoeg.
Skep jy te veel gaan dit oorkook; skep jy te
min gaan die aartappels droog bak. Daar
behoort plek vir twee eetlepels room per
roos te wees. Bak vir 1 uur tot die
aartappels sag en goudbruin bo is. Indien jy
ná 45 minute bang is dit bak te donker
bedek die pan vir die laaste 15 minute met
foelie. Laat effens afkoel en lig elke roos met
behulp van die bakpapier uit die holtes. Tog
te mooi! >>

pasmaats


Koskenners se manier van
gaarmaak verskil dalk maar
oor een ding stem almal
saam: Die volmaakte braai-
aartappel is in sy hart ’n
ware softie met ’n bros
goudbruin baadjie.


  • Errieda du Toit


Februarie 2017 tuis 115

Free download pdf