Tuis. 02

(Tuis.) #1
Francoisse
top-wenke


  • As jy nie naby die eiendom woon nie
    stel ’n agent aan. “Dan word jy nie in die
    middel van die nag gebel as iets breek of
    die huurder iets kort nie.”

  • Huurders wat blyplek soek vir langer
    tye (een tot vyf weke) vergemaklik
    onderhoud en verseker ’n goeie
    inkomste.

  • Maak wel seker die gaste het die nodige
    kontaknommers indien iets sou gebeur
    terwyl hulle in jou plek bly.

  • Sorg dat die plek silwerskoon is voordat
    nuwe gaste opdaag. Plaas jouself heeltyd
    in die gaste se skoene.


Praktiese dekor


  • Belê in bykomstighede
    van goeie gehalte – van
    die kombuis tot die
    slaapkamer; neem in ag
    dat dit baie gebruik
    gaan word.

  • Oop pakplek in die
    slaapkamer werk goed
    en is kostedoeltreffend.
    Die meeste gaste het
    nie werklik nut vir ’n
    regte kas nie.

  • Koop tweedehandse
    meubels of herstoffeer.


WIEFrancois KotzeWAARKaapse middestadGROOTTE 110 m^2

[]Lekker blyplek #^2 BESETTING Sedert Oktober 2016 bykans nog nie een aand leeg nie


Francois Kotze is lid van ’n groep van sowat tien mense wat
saam in eiendom belê. “Dis meestal kommersiële
eiendomme maar soms ook woonstelle.”
Die woonstel wat hy verlede jaar in Airbnb-verblyf omskep
het was hoeka eers twee aangrensende kantore.
“Kommersiële huurders teken gewoonlik ’n driejaarkontrak
maar elke keer wanneer die kontrak tot ’n einde kom staan die
kantore vir tot drie maande leeg.”
Dis daarom dat hulle besluit het om die twee kantoorruimtes
in ’n woonstel te omskep. Die eiendom in Kloofstraat het reeds
besigheids- én residensiële sonering gehad.
Hy en sy vennote moes egter planne van die voorgestelde
veranderings by die Kaapse munisipaliteit indien vir
goedkeuring.
Francois se dogter Carla het in daardie stadium pas
afgestudeer as interieurontwerper aan die BHC School of
Design. Francois het een van die dosente by die skool die
argitek Steven Lew genader en voorgestel dat die transformasie
van die kantore as ’n studenteprojek aangepak word. Uiteindelik
het sewe groepe tweedejaarstudente teen mekaar meegeding.
“Hulle kon deurentyd kom kyk hoe die projek vorder” vertel
Francois oor dié vindingryke proses.
Aangesien hy en Carla (inlas) baie van die werk self gedoen
het en hul tyd beperk was tot naweke het dit nogal lank geneem
om die projek te voltooi – sowat vier maande. Buiten die stort
was daar gelukkig geen bouwerk nie want die twee kantore was
net deur ’n droëmuur geskei.
Soos die Pretoriusse in Groenpunt het Francois ook agente
Prop Investments aangestel wat die eenheid bestuur. Deel van
hul diens is om die woonstel skoon te maak wanneer gaste
vertrek en die beddegoed en handdoeke te was.

Die ontwerp moes industrieel maar ook tydloos wees.
“Met ’n kombinasie van verskillende materiale en
mooimaak van ou meubels en nuwe kopies dink ek het
ons dit reggekry” sê Carla Francois se dogter.

Danksy oop rakke
in die kombuis hoef
geen nuwe gas ooit na
breekware te soek nie.

66 tuis Februarie 2017

Free download pdf