Tuis. 02

(Tuis.) #1

’


’n Bietjie romanties vreugdevol maar tog sag en rustig.
Só beskryf Nan haar oorvloedige roostuin op die mooie
Swellendam.
Nan is ’n roosmens. Deur en deur. Sy kweek ook ander
struike en meerjariges maar hulle moes al baie maal plek
maak vir net nog meer rose vertel sy. Sy het haar tuin self
beplan en die afgelope 11 jaar nie veel aan die basiese
struktuur daarvan verander nie – maar wel baie nuwe rose
aangeplant.
“Ons het voorheen op ’n kleinhoewe in die Hermitage-
vallei net buite die dorp gewoon. Dít is nou die land van
melk en heuning as dit by rose kom! Die grond daar is
effens kleiagtig en klipperig – net wat ’n roos wil hê om goed
te groei. Daar het ek honderde rose gehad. Toe ons elf jaar
gelede dorp toe trek het ek van voor af begin tuinmaak.
Ons het ’n skoon erf gekoop so hier was niks – net
wonderlike leemgrond en genoeg plek om baie van my
gunstelingblomme te plant!” gesels sy.

Stuk-stuk
Nan het ’n ontwerp vir haar tuin geteken


  • met rose as eerste prioriteit – en dit toe
    stuk-stuk aangepak. In die voortuin het sy
    die rose min of meer in kleurgroepe
    geplant. Sy plant graag meer as een van ’n
    soort bymekaar saam met pasmaats wat
    kleur betref. Daardeur skep sy ’n vloeiende
    kleureffek.
    In haar agtertuin het sy snyrose soos
    ‘Rina Hugo’ ‘Duet’ ‘Garden Queen’
    ‘Tineke’ en ‘Red ’n Fragrant’ geplant wat
    sy gereeld pluk vir die huis. “Hier is ek nie
    so gepla oor kleurgroepe nie. Ek het ’n
    groot verskeidenheid rose wat almal goeie
    plukblomme is want ek kan nie sonder
    blomme – en veral rose – in my huis
    wees nie.”
    Nan en haar man Piet werk meestal
    self in hul tuin saam met hul tuinhulp
    Koos Rossouw wat met die swaarder werk
    help. “Piet help dooie rose uitsny. Hy maak
    ook vir my kompos ry deklae aan en snoei
    die heinings. Ons tuin se versorging is ’n
    ware spanpoging.”
    Vir Nan is dit heerlik om deur die tuin
    met so ’n oorvloed van haar gunsteling-
    blomme te stap. “Ek kan vir ure van my
    stoep af die mooi van ons tuin bekyk. Ek is
    so bevoorreg om dit om my te hê. Hoewel
    rose al vir jare deel is van my lewe leer ek
    feitlik daagliks iets nuuts oor hulle. Vir my
    is ’n roos waarlik die koningin van die
    blommeryk. Ek kan my lewe nie
    daarsonder voorstel nie!” >>


“Ek was nog altyd lief vir
rose maar die afgelope
jare ná Piet se aftrede
kon ek hierdie liefde
regtig uitleef. My
liefdes verhouding met
rose hou net aan met
groei!” sê Nan.

92 tuis Februarie 2017

Free download pdf