Maart 2017 tuis 125
Prost!
Carverâs Weiss (R8999 vir ân sespak 440 ml-
bottels of blikkies) ân Duitsestyl-bier deur SAB is
ân toeganklike dorslesser met ân wasige kleur wat
herinner aan ân sonsondergang asook ân
aangename bitterheid effense suurlemoengeur
en piesang-aroma. Probeer dit gerus!
Klim op die bus
Praat van die geel baadjie dra! The Bus Stop ân loslit-eetplek op
die wynplaas Welmoed bedien onder meer smaaklike burgers
pizzas en wafels. En as jy dors raak kry lafenis by die âbuskroegâ â
ân opgeknapte 1980-Bedfordbus wat jy net nie kan miskyk nie! The
Bus Stop is oop tot Mei van Donderdag tot Sondag tussen 11:30
en 22:00 (die kombuis sluit om 21:30). Jy kan ook die bus huur vir
private funksies. Besoek thebusstop.co.za.
Hemelse nektar
Die Juno-wynreeks deur die Cape Wine Company bring hulde aan
die Italiaanse invloed op Suid-Afrikaanse kos wyn en kultuur met
prettige elemente uit die Romeinse mitologie. Die Juno Chenin
Blanc 2016 (R55 by winefolk.co.za) is ân verfrissende wyn met
intense peer-aromas en die geure van tropiese vrugte. Lekker!
Kersiegenot
Liefmans Fruitesse
(R139 vir ân geskenk-
pak met 4 bottels
yuppiechef.com) is ân
besonderse vrugtebier
wat vir 18 maande op
kersies verouder is;
dis lieflik soet met die
sprankel van sjampanje
en die varsheid van ân
glas yskoue wyn.
Vir ân spesiale
geleentheid
Dragonridge 2015 Cygnus
Chenin Blanc (R90
thewinekollective.co.za) is ân
houtverouderde witwyn met
ân donkergoue kleur (dis
ongefiltreer) die geur van
ryp perske en appelkoos
en ân effense suurheid
so eie aan die Swartland.
Die wynmaker Johan
Simons maak net sowat
10 000 bottels van
agt wyne in die reeks
daarom is elke bottel
Dragonridge wat jy
oopmaak ân groot bederf!
Dis ân familiesaak
Boplaas Family Vineyards op Calitzdorp wat welbekend is vir hul
bekroonde potketel-brandewyn maak nou ook ân vatverouderde
versnit-graanwhisky (R200 by die kelderdeur). Dis heerlik op ys en in
ân mengeldrankie. Besoek boplaas.co.za.