Tuis. 03

(Tuis.) #1

130 tuis Maart 2017


agterblad


Spanningsvolle oomblikke kort voor – of ná –


’n troue is dalk net wat ’n paartjie nodig het om vir ewig en


altyd gelukkig saam te leef vertel Riana Scheepers.


’n Huwelik


sonder stres


Ek is by ’n troue en die ondenkbare
gebeur: Die predikant daag nie op nie. Alle
lof aan die ouers en die bruidspaar wat
kalm bly en die hele gedoente stylvol en
met humor hanteer. Die predikant het toe
nie vergeet nie; dit blyk later dat die
verkeerde tyd vir hom gegee is. Hy
word gelukkig telefonies opgespoor
en aangemoedig om supervinnig op
Stellenbosch te kom.
Gelukkig is niemand gestres nie. Die
gaste wag saam met die bruidegom buite
die kerk en kuier tog te lekker met almal
wat van ver gekom het. Die strooijonker
wat die bruidsmotor bestuur neem die
bruid op ’n romantiese rit deur die berge
van Stellenbosch en vertel vir haar
grappige staaltjies oor haar bruidegom se
studentejare. Toe die predikant uiteindelik
opdaag sy das ’n bietjie skeef en sy hare
deurmekaar is dit vrolike gaste wat die
kerkgebou binnegaan. Die bruidegom wag
voor in die kerk en die bruid kry haar weergalose oomblik om in
wasige wit haar verskyning te maak.
Tydens die onthaal sit ek toevallig langs die predikant. Hy lag
maar net oor dié klein knikkie in die huwelikspaar se pad.
Ek vra hom: Is daar troues waar dinge regtig skeefloop? Die
predikant begin lag. Hy kan ’n baie dik boek skryf sê hy oor al
die rampe en ellendes wat hy al eerstehands beleef het. Want
eintlik is daar maar min troues sonder stres.
Natuurlik is ek die ene ore. Ek wil hierdie stories hoor.
Hy vertel van die huwelikspaar wat eers op die onthaal toe die
heildronk op die ouers en ’n ouma ingestel moet word agterkom
dat Ouma verdwyn het. Almal wonder wáár is Ouma. Want sien
Ouma is in ’n rolstoel en kan nie sonder hulp oor die weg kom
nie. Tot hulle besef dat hulle haar in die kerk vergeet het.
Ek weet nie wat die uiteinde was nie maar as ék daai ouma
was sou nie een familielid iets van my geërf het nie.
Wat is die ergste ding wat al ooit met ’n huwelikspaar gebeur
het vra ek die predikant.
Ek hoor ’n storie so ongelooflik dit kán nie waar wees nie.
Maar dit is sê hy en natuurlik moet ek ’n predikant glo.
’n Jong man wat op trou staan het ’n paar vriende wat [email protected]

Riana


poetsbakkers van formaat is regte
belhamels. Die bruidegom besef hy kan
glad nie sy onnutsige kamerade na sy
troue nooi nie; hulle gáán amok maak.
Sy bruid waarsku hom: Sy aanvaar graag
haar man se vriende maar sy gaan nie
toelaat dat hulle haar huweliksdag versuur
nie. Die bruidegom is in ’n dilemma want
hierdie kwajongens kom reeds van
kleintyd en deur die spreekwoordelike
dik en dun saam met hom.
Die enigste oplossing wat hy kan
bedink is om nie in Suid-Afrika te trou
nie want hy weet die manne kan nie die
reisgeld bekostig nie. Die bruidspaar reël
hul troue in ’n romantiese dorpie in die
Cotswolds. Die huwelikseremonie vind
plaas in ’n Middeleeuse klipkerkie met
sagte lig wat deur die loodglasvensters val.
Net enkele gaste uit Suid-Afrika woon die
geleentheid by en die predikant word
spesiaal Engeland toe gevlieg.
Alles verloop pragtig en mooi; daar is geen versteuring van die
vrede nie. Die bruidegom verlang na sy vriende maar sy bruid is
stralend en gelukkig.
Maar só voorspoedig verloop dit natuurlik toe nie – anders was
daar nie ’n storie nie! Die volgende oggend gloeiend ná hul
huweliksnag word die bruidspaar wakker van ’n selfoon wat êrens
in die kamer lui. Die luitoon is onbekend dis nie die bruid of die
bruidegom s’n nie. En blyk dit die gelui kom van onder die bed. En
die selfoon word beantwoord daar reg onder die huweliksbed.
“Môre Chris” sê die stem onder die bed. “Ja ek en André is
hier.” ’n Rukkie stilte. En toe vervat die gesprek.
“Ja ons was nou wel nie by die troue nie maar ons weet die
huwelik is voltrek in die kerk én hier in die hotelkamer. Ek en
André wag nou maar dat die twee wakker word dat ons vir hulle
geluk kan sê ...”
As dié huwelik hierdie stres oorleef het was alle rampe en
ellendes wat ooit met ’n huwelik kan gebeur sommer
kinderspeletjies!

Illustrasies

Paula Dubois
Free download pdf