Tuis. 03

(Tuis.) #1
Ses jaar gelede het Elize Vossgatter ’n hoërskool-
kunsonderwyseres besluit dis tyd dat sy voltyds begin
skilder. Sy was ’n pasgeskeide ma van twee jong kinders
en het ’n knus ruimte gesoek waar hulle kon nesskop.
“Ek wou ’n plekkie hê waar Sam en Eve – toe sewe en
vier jaar oud – veilig kon voel” verduidelik sy.
Aangesien dit ’n onseker tyd in Elize se lewe was het
sy gevoel ’n kleiner huis sou makliker wees om te hanteer.
Maar toe sy dié huis die eerste keer sien was dit glad nie
die helder kunstige ruimte wat dit vandag is nie.
Daar het voorheen drie gesinne saam in die huis

Die eenvoudige uitleg van die
kompakte kombuis het heelwat
oop vloerspasie.


Ronde olieskilderye (dié bladsy
en oorkant) The Patriarch
en The Matriarch deur Elize
Vossgatter


gewoon en dit het dringend aandag gekort. Die vloerplanke
in twee van die kamers moes vervang word en die kombuis
en badkamer het gesmeek om algehele vernuwing.
“Tussen die kombuis en sitkamer was ’n boogdeurgang
wat met planke toegemaak was. Toe ons dié verwyder het
ek besef dit maak sin om ’n oopplanarea te skep” sê Elize.
Vandag vorm die kombuis en sitkamer een oop ruimte wat
op die nuwe dek uitloop.
“As enkelouer moet jy soms drie dinge tegelyk doen: ’n
speletjie speel e-posse stuur en aandete kook. In dié ruimte
is dit als moontlik én kan ons tyd saam deurbring.” >>

N

Dek

Kombuis

Sitkamer Slaapkamer

Slaapkamer

Slaap-
kamer
Badkamer
Free download pdf