Tuis. 03

(Tuis.) #1

As plattelandse seun van die dorpie Musina in Limpopo het Jako Lee
summier sy hart verloor op die gesellige braaistoep van dié huis – toe
nog ’n doodgewone voorstedelike eiendom net buite Kaapstad. Vir sy
vrou Anneke ’n tuisblyma wat graag in die grond woel was dit weer
die lekker groot tuin en die pragtige witstinkhoutboom wat die knoop
deurgehak het. En hoewel die vertrekke vaal en karakterloos was het
dit hulle glad nie afgeskrik nie want dié twee opknapfoendies het al
’n hele paar lelike eendjies in stylvolle swane omskep.
Hulle het in Februarie 2012 ingetrek ’n maand voor Annebel se
geboorte. “Ons is altyd lus vir ’n lekker uitdaging” sê Jako. “Maar
anders as met vorige projekte was die uitleg van dié huis reeds reg.
Ek het geweet ons gaan ’n groot verskil kan maak met hoofsaaklik
kosmetiese veranderings om die plek karakter te gee. Dit het dinge
makliker gemaak met ’n pasgebore baba in die huis want ons kon
ons eie stempel mettertyd afdruk sonder te veel stof en bourommel.”
En dít het hulle goed reggekry. Trouens daar is niks wat hulle
anders sou wou doen nie. “Ons is huislike mense” sê Anneke. “Ek
glo ’n mens moet in elke vertrek kan lééf. As jou huis ’n lekker ruimte
is sal jy nêrens anders wil gaan nie.”


Van onvriendelik na ‘welkom’


Die Lees se grootste uitdagings was die tuin en die onvriendelike
ingang – ’n soliede voordeur wat niemand raakgesien het nie.
Jako verduidelik: “Al die vertrekke aan die noordekant – die
TV-kamer studeerkamer en slaapkamers – het groot skuifdeure
na die voortuin. Dis wonderlik maar op ’n manier het dit die
enkelvoordeur verdwerg en gaste het sommer altyd by die
studeerkamer (links van die voordeur) ingestap. Boonop was die
voorportaal baie donker.
“Ons oplossing was om ’n mooi geplaveide paadjie van die oprit na
die voordeur te lê. Ons het die soliede enkeldeur met ’n dubbele
glasdeur vervang en in die muur reg oorkant die voordeur ook ’n
dubbele glasdeur ingesit sodat ’n mens dwarsdeur die huis kan kyk.
Van alles wat ons gedoen het het dit die grootste verskil gemaak.”
Jako lag as hy die agtertuin onthou. “Ek glo die tuin is een van die
lewensare van ’n huis maar die héle erf agter én ’n groot deel van die
voortuin was onder baksteenplaveisel. Nie juis ’n plek waar kinders
lekker kon rondhardloop nie.”
Jako se entrepreneursbrein het egter iets positiefs hierin gesien:
“Ek het vir Anneke gesê dis glad nie ’n slegte ding nie; ek kan die
bakstene in die opknapprojek gebruik. En glo my daar was meer
as genoeg – ek het nie ’n enkele steen gekoop vir enige van die
bouwerk nie!”
Binne twee jaar was die tuin ’n lushof danksy die hulp van
Petro Jacobs van Petro Landscaping. Voor en agter is nou ’n groot
garapa-houtdek en grasperk. “Ek hou van ’n dek omdat dit soos
vakansie voel” sê Jako.
Maar hy is nie ’n man wat lank agteroor sit nie. Hoewel dié twee
ywerige opknappers dolgelukkig is met hoe die regrukprojek afgeloop
het het hulle intussen aanbeweeg na ’n ander lelike eendjie wat ook
soebat om ’n regruk ... >>


Die braaistoep was voor die opknapprojek oop maar is
nou toegemaak met raamlose glasdeure wat heeltemal
wegvou; dis perfek vir gesellig kuier wat ook al die weer.
“Kyk ek kom van Limpopo af; ek wil heeljaar braai” sê
Jako oor sy gunsteling-vertrek.

Dié rustige geil binnehoftuintjie is Anneke
se gunstelingplek en Bubbles die kat is ook
dol daaroor. ’n Kruipvy bedek amper die
hele muur regs en dra by tot ’n zen-gevoel.

Rottangstoele van Weylandts
Free download pdf