Tuis. 03

(Tuis.) #1

Maart 2017 tuis 81


Vra vir JJ


Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen Vingers-tuingeselsies met
Derrich Gardner in sy program ƌĞŬĮƐŵĞƚĞƌƌŝĐŚ op RSG.

Grasbloutes
Wynand Minnaar van Pretoria skryf Hoekom lyk
my gras so ongesond met droë kolle en gate oral?
JJ antwoord Die droë kolle is weens ’n swam
en die gate lyk soos mierneste. Die beste produkte
op die mark teen ’n grasperkswam is Odeon 720 SC
en Mycoguard 720 SC. Onthou om die hele grasperk
te spuit (nie net die geaffekteerde area nie) vir die
beste resultate. Vir die miere stel ek voor jy gebruik
aas soos Nip-It; die hele kolonie sal dit inkry wat die
koningin en nes sal uitroei.

KONTAK JJ van Rensburg is ’n tuinboukundige
by Garden World in Johannesburg; besoek
gardenworld.co.za. >>

Suksesvolle oorplanting
Liena Croeser van Pretoria skryfEk wil graag steggies kweek van my
vetplante; wat kan ek doen om sukses te verseker?
JJ antwoordDie geheim is om die steggie sowat twee weke in ’n skadukol
te los sodat daar letselweefsel oor die snyplekke kan vorm – dis waar die nuwe
wortels sal uitloop. Vetplante vra nie baie water nie; gee elkeen sowat twee
eetlepels nadat jy geplant het en daarna net een keer per week.

Vir ’n somertuin
Lorraine Jordaan van Port Elizabeth skryfEk moet
van nuuts af tuinmaak en wil dit graag so kleurvol
moontlik maak. Ons het redelik sanderige grond en die
area kry volson in die somer. Wat stel jy voor?
JJ antwoord Vir die sandgrond kan jy palmveen
inwerk om te help met waterretensie. Goeie opsies vir
kleur sluit in hibiskus papierblom Hebe bougainvillea
inka- en daglelies. Sterkte en laat weet hoe jy vorder!

E-pos [email protected] Ons beantwoord nog vrae op

Free download pdf