Tuis. 03

(Tuis.) #1
Spinnekopblom

Goueswane

Dahlia

Salvia leucantha

IN DIE LAATSOMER


Deur Marié Esterhuyse
Foto’sFrancois Oberholster


Plantgids
Volksnaam
Michaelmasmadeliefie
Botaniese naam
Symphyotrichum novi-belgii
Volson Goeie snyblom
Gemiddelde waterbehoeftes
Rypbestand Meerjarig
Groei tot 1 m hoog

Marié Esterhuyse
Namate die somer einde se kant

toe staan sal dié madeliefie en


sy maters jou tuin ophelder.


Michaelmas-
madeliefie
Van laat in die somer tot in die
herfs kan jy op Michaelmas-
madeliefies (Symphyotrichum
novi-belgii) staatmaak vir kleur. Dié
meerjarige plant dra sy madeliefie-
agtige blommetjies elk met ’n
gelerige ogie in die middel op dun
takkies met fyn blare. Die
madeliefies blom in skakerings
van pienk pers en blou
asook in wit.
Jy kan Michaelmas-
madeliefies in die meeste
dele van die land kweek
hoewel dit nie goed sal aard
in baie droë óf baie warm en
vogtige streke nie. Plant dit in goed
gedreineerde komposryke grond in
’n bedding wat baie son kry. Sny
die blomstele ná blomtyd tot op die
grond af; dit sal die volgende
seisoen weer uitloop. Verdeel die
plant in die herfs of lente indien dit
te groot word. Die plante is
algemeen beskikbaar by kwekerye.
Free download pdf