Tuis. 04

(Tuis.) #1

kaneel botter en suiker saam in ’n klein
kastrol oor matige hitte tot al die suiker
opgelos is. Bring tot kookpunt en kook vir
3 minute. Laat effens afkoel.
2 Voorverhit die oond. Sif die meel
bakpoeier en sout saam. Vryf die botter daarby
in tot dit soos growwe broodkrummels lyk en
voeg die eier by. Die deeg moet ferm en hanteer-
baar wees – voeg ’n bietjie melk by indien nodig.
3 Rol die deeg sowat 5 mm dik uit in ’n groot reghoek
en smeer die fyn pampoen versigtig daaroor. Geur goed
met sout varsgemaalde swartpeper en neutmuskaat. Rol
nou die deeg op soos ’n rolkoek en sit dit met die naat na
onder in ’n diep oondbak. Smeer die konfyt oor en giet
die helfte van die stroop bo-oor. Bak sonder om te
bedek vir 1 uur. Sit dit voor met die res van die stroop in
’n bekertjie. >>

Botterskorsie-rolkoek
Dié soet bygereg is heerlik saam met geroosterde hoender.

Genoeg vir 1 rolkoek • Bereidingstyd: 20 minute • Baktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 180 °C


  • 250 g (450 ml) koekmeel

  • 10 ml bakpoeier

  • ’n knippie sout

  • 125 ml botter

  • 2 eiers geklits

  • 1 kg botterskorsie gaar
    gestoom en fyngedruk

  • sout varsgemaalde
    swartpeper en ’n knippie
    neutmuskaat

  • 15 ml appelkooskonfyt
    gesmelt
    STROOP

  • 375 ml kookwater

  • 2 kaneelstokkies

  • 25 ml botter

  • 250 ml (200 g)
    ligbruinsuiker

Free download pdf