Tuis. 04

(Tuis.) #1

S - e


feesmaal saam met jou geliefdes. Dis bekostigbaar en maklik om te berei.


PRONKSTUK VIR


’N PAASTAFEL


1 Kry die vleis rolgereed: ’n Varkboud is ’n
groot stuk vleis en vanweë sy ongewone
vorm is dit moeilik om te rol. Sit die vleisstuk
velkant na onder op ’n skoon werkblad neer.
Gebruik jou oordeel (en ’n baie skerp mes)
en sny versigtig tot in die dik dele totdat die
vleis soos ’n boek kan oopvou en jy dit
makliker kan rol. Werk sy sake met ’n
vleishamer as jy wil. Geur met sout en peper
en ’n bietjie olyfolie.
2 Meng al die vulselbestanddele en sprei
dit uit oor die binnekant van die vark. Rol
nou die vleis om die vulsel. Bind lengtes
kombuistou sowat 2 cm uit mekaar om die
vleisrol (werk van die middel na die kante).
3 Sit die opgerolde vleisstuk in ’n groot
baksak in ’n oondbak en voeg die ui wortel
knoffel druiwesap aftreksel en meel
daarby; bind die sak toe en maak hier en
daar stoomgaatjies met ’n vurk (dit keer dat
die sak bars). Voorverhit die oond tot 100 °C
en rooster die vark stadig oornag (8–10 uur)
tot murgsag. Haal uit die baksakkie (behou
die kookvloeistof) sny die toutjies los en sit
die vleisstuk in ’n skoon oondbak. Maak
insnydings oorlangs in die vet.

Genoeg vir 8 mense (met oorskiet)



  • 1 varkboud van 3–35 kg ontbeen
    en vel verwyder

  • 1 heel ui met 12 naeltjies daarin
    gesteek

  • 2 wortels

  • 5 knoffelhuisies

  • sowat 500 ml rooi Grapetiser

  • 250 ml vleisaftreksel

  • 15 ml meel
    VULSEL

  • 150 g gruyèrekaas in klein blokkies
    gesny of grofgerasper

  • 2–3 klein Granny Smith-appels pitte
    verwyder en in dun skyfies gesny

  • 12 gedroogde pruime ontpit en gekap

  • 125 ml growwe broodkrummels

  • 200 g spekblokkies

  • 2 takkies tiemie blaartjies gestroop

  • 2 lourierblare gekrummel

  • 5 ml fyn wonderpeper

  • 1 duim vars gemmer geskil en gerasper

  • ’n skeut olyfolie
    GLASEERSEL

  • 125 ml ligbruinsuiker

  • sowat 200 ml kookvloeistof

  • sowat 30 ml ligte sojasous

  • 1 steranys

  • sowat 15 ml donker sojasous


Vra jou slagter om die vleisstuk vir jou te ontbeen en sommer ook


om die varkvel mooi in een stuk af te haal en in repe te sny. Met hul


vlymskerp messe en vernuf kan hulle dit blitsvinnig doen en spaar dit


jou baie moeite.


Stadig geroosterde varkboud


Somaakjydie
sooltjiebros...
Giet kookwater oor die repies varkvel dreineer
en druk droog. Vryf goed met sout en bak apart
van die roosterstuk tot lekker bros.
Wenk Maak ’n oulike stertjie deur die repies
lossies om houtlepelstele te draai en met
kombuistou vas te bind. Die lepels sal nie brand
teen 180 °C nie (maar verwyder die lepels as jy
die sooltjies meer kraak wil gee onder die
oondrooster).

4 Vir die glaseersel roer die bruinsuiker en
die kookvloeistof uit die baksakkie saam in
’n klein kastrol tot al die suiker opgelos het.
Voeg die ligte sojasous en steranys by en
laat prut tot die mengsel effens verdik. Geur
na smaak met die donker sojasous.
Voorverhit die oond tot 180 °C giet die
glaseersel oor die vark en bak tot taai en
stroperig – sowat 20 minute. Hou dop en
bedruip gereeld; voeg ’n skeut kookvloeistof
by as dit lyk of die glaseersel onder in die
oondbak gaan brand. Laat rus die vleis voor
jy dit opsny.
Free download pdf