Tuis. 04

(Tuis.) #1
Charmaine Wakefield het geen verskoning nodig om
haar huis op te dollie nie maar oor Paasfees haal
dié kreatiewe binnenshuise en troustilis alles
uit. Sy het immers in 2013 op Paassondag
ewige trou beloof aan haar man Paul ’n IT-
spesialis daarom sal dié dag altyd ’n
spesiale plek in hul hart beklee.
Die egpaar het hul plaashuis uit die laat-
1800’s in Januarie 2015 gekoop. “Ons het
ons eerste romantiese naweek op Riebeek-
Kasteel deurgebring” onthou Charmaine.
“Paul het toe gesê eendag koop hy vir my ’n
huis hier. Jare later toe ons nog in Wynberg
Kaapstad gewoon het was ons weer in die
omgewing en het ons ons hart op dié huis verloor.”
Al is Paul ’n selfdoen- en houtwerk-liefhebber en loop
Charmaine oor van kreatiewe idees was hulle bly dat al die
nodige strukturele werk aan die huis reeds gedoen was.
Hulle het ook gehou van die Earthcote-mure en -vloere wat
die vorige eienaars aangebring het; dit pas perfek by hul
vintage- Franse dekor.
“Dit was heerlik; ons kon ons stempel op die huis afdruk
sonder enige ingrypende bouwerk” verduidelik Charmaine.
“Ons grootste projek was die swembad – ’n ware pluspunt
in die somer met sy snikhete dae. Ons het ook die dak oor
die kombuis se ou vuurherd vervang met deursigtige
panele om ’n verligte alkoof te skep.”
Ná die klein veranderinge kon hulle die plattelandse lewe
geniet – iets wat hulle teen daardie tyd al goed onder die
knie gehad het. “Voor ons hier gekoop het het ons gereeld
op die platteland kom kuier so ons het gou aangepas” sê
Charmaine. “Nou werk ons naweke in die tuin bly ons
besig met selfdoenprojekte snuffel rond vir tweedehandse
vondste en verken die wyn- en olyfplase van die streek.”

Die Wakefields is ewe gelukkig om naweke by
die huis deur te bring. Dis wanneer Paul wat
elke dag Kaapstad toe pendel kans kry om
’n bietjie houtwerk te doen.
“Ek geniet dit om meubelprojekte in my
werkswinkel aan te pak. Charmaine noem
my sommer Geppetto (die fiktiewe hout-
snyer wat vir Pinocchio geskep het)” sê
Paul laggend. Charmaine leef haar uit met
besonderse uitstallings en dekor: “Die huis
is my skilderdoek en ek kan my ure lank
besig hou met die inkleding daarvan.”

Frans plattelandse styl
Charmaine en Paul het omtrent geen nuwe dekoritems
nie. “As jy deur my hele huis kyk sal jy miskien vyf stukke
kry wat nuut gekoop is” sê sy en lag. “Ek en Paul soek
saam tweedehandse mooigoed; ons versamel van heinde
en verre. Ongewenste skatte van ’n denkbeeldige kasteel
beland hier; goed wat Marie Antoinette sou uitgooi ... Ek
noem dit weggooi- Frans landelike château-styl.”
Wanneer sy gevra word oor die Franse flair wat so
kenmerkend van haar huis is sê sy: “Ek is ’n frankofiel tot
in my wese. Ek is aangetrokke tot ’n kombinasie van
Europese elegansie rustieke landelike styl en ouwêreldse
karakter. Ek is dol oor die stylvolheid en oorspronklikheid
van die Franse en daardie element van ‘losheid’ – hetsy ’n
gekreukelde linneduvet of ’n klassieke portret met
kapmerke in die raam.”
Charmaine se gunsteling-palet bestaan uit ryk kleure
waaronder goud jagtersgroen rooi en roeskleure. Fluweel
brokaat tapisserie toile en antieke linne en tekstiele voeg
karakter by en komplementeer die vintage-meubels en
erfstukke. >>

38 tuis April 2017

Free download pdf