Tuis. 04

(Tuis.) #1

“Ek is lief vir eiendom maar ouer huise het ’n spesiale plek in my
hart” sê Mandy Sayer wat onlangs ’n afgeremde historiese kothuis
omskep het in ’n sjarmante kontemporêre woonplek. Vandag kan ’n
mens jou skaars indink dit was die lelike eendjie wat niemand wou
koop nie.
Die eiendom staan bekend as die Matchbox Cottage en dateer uit
1886 (sien “Die geskiedenis van die kothuis” op bladsy 66). Dit was al
jare in die mark toe Mandy en haar man Trevor dit koop.
“Al is dit naby die hoofweg in St James het niemand belang
gestel nie want dit is bemark as ’n ‘ekstra’ by die aangrensende
winkel” sê Mandy ’n eiendomsontwikkelaar wat Sayer Projects in
2008 saam met Trevor op die been gebring het. Hulle het verlede jaar
die hele eiendom gekoop saam met die winkel en die regte om twee
woonstelle daarbo te bou.
Mandy het nie geskrik vir die kothuis se swak toestand nie en het
liewer gefokus op die ligging historiese karakter en estetiese
potensiaal wat agter die outydse beskadigde afwerkings verskuil was.
“Ek het geweet dis ’n goeie kopie omdat dit oorkant die getypoel en
treinstasie geleë is. Ek het die kans aangegryp om dit weer ’n spesiale
ruimte te maak. Ventilasie was swak die elektriese geleidings was nie
in die mure ingebed nie die loodgieterswerk was in ’n treurige
toestand en die vensterrame was vrot. Die badkamers en kombuis
was donker en ouderwets en die houtvloere was erg gekrap. En die
palet van wit groen en rooi het beslis nie gehelp nie!” >>


Al is die plek kompak
wou Mandy graag
’n opwashoekie hê.
Dit pas knus onder
die trap(links)en
het ’n diep wasbak
skottelgoedwasser
versteekte vullisblik
en rakspasie.

Die kombuis(onder)
is taamlik smal en
moes versigtig beplan
word. “Ek wou genoeg
werkplek hê asook
’n stoof met genoeg
potlaaie langsaan”
verduidelik Mandy.

Die trap is afgeskuur
en net die balustrades
is weer geverf. Nadat
die erg beskadigde
Oregondennehoutvloer
geskuur en verseël is is
dit so goed as nuut.

Voor


Rooi-en-wit gestreepte sak van Arabesque

Vensterspieëls van MRP Home; eetkamer-
stoele van @homelivingspace

64 tuis April 2017

Free download pdf