Tuis. 04

(Tuis.) #1

raad


84 tuisApril 2017


Stuur jou vrae na [email protected].

Maagprobleme
Louise Mason van Port Elizabeth skryf
Ek het ’n baie nuuskierige en uitbundige ses
maande oue hondjie. Ongelukkig het sy
dikwels “glipse”in die huis wat wissel van
effens slap tot heeltemal waterig. Af en toe
braak sy ook. Is dit normaal?
Dr. Guy Fyvie
veeartsenykundige adviseur
by Hill’s Pet Nutrition SA
antwoord Probleme met
spysvertering is seker die
algemeenste probleem wat
veeartse teëkom. Diarree en
braking kan dui op enigiets van ’n
aansteeklike siekte verkeerde of te ryk kos
ooreet wurms stres prikkelbarederm-
sindroom tot kosallergieë – noem maar op!
Omdat jong honde van nature nuuskierig is en
hul immuunstelsel nog nie gevestig is nie sal
hulle hier en daar sukkel met ’n maagkwaal.
Met braking en diarree verloor die liggaam
water en elektroliete en kan dit gou ontwater.
Hou jou troeteldier maar fyn dop – veral jong
hondjies en kleiner rasse. Hoe lusteloser jou
troeteldier hoe ernstiger die geval; net 2%
verlies van liggaamsvloeistof kan ’n dier
lomerig maak 5% verlies kan hulle lusteloos
maak en net 10% kan lewensgevaarlik wees.
Van die gevaarlikste siektes vir ’n jong hondjie
soos die hoogs aansteeklike parvovirus begin
dikwels met braking en diarree. Neem jou
troeteldier liewer veearts toe – liewer bang
Jan as dooie Jan!
Wenke teen omgekrapte pensies


  • Koop jou hond by ’n betroubare teler of
    skuiling – maak seker hy of sy is ingeënt en
    ontwurm deur ’n veearts (vra vir ’n amptelike
    inentingskaart).

  • Vermy kontaminasie: Moenie ’n hondjie na
    openbare plekke soos parke neem indien hy
    of sy nie ingeënt is nie.

  • Ontwurm gereeld (soos deur jou veearts
    voorgeskryf).

  • Gee jou hondjie ouderdomsgeskikte kos van
    hoë gehalte. Daar is spesiale kos beskikbaar
    vir troeteldiere met sensitiewe mae en
    allergieë. Vra jou veearts vir raad.

  • Pasop vir bederfies langs die kostafel;
    “menskos” kan vet of ander bestanddele
    bevat wat jou hond se maag kan omkrap.

  • Moet nooit nat kos buite laat staan nie; dit
    kan bederf. Voer eerder jou troeteldier kleiner
    maar gereelder maaltye.

  • Probeer verhoed dat jou hondjie vreemde
    materiaal soos voëlmis eet. Moet dit ook nie
    op jou grasperk gooi nie; dit kan die
    omgewing besmet met wurms.
    KONTAK hillspet.co.za


V&A

b v b a s a v

braking kan dui

En s-t-r-e-k!
Die Maine Coon Tau is
’n soepel kiets. – Lindi
Calitz Centurion

Sit-sit so
Die bokserhond
Shiba het die beste
sitplek ontdek


  • so te sê bo-op die
    wors hond Sarge (wat
    glad nie omgee nie)! –
    Belinda Blignaut
    Johannesburg


WEN!


Die eienaars van die diere wie se foto’s hier verskyn wen ’n K9 Castle
en Winter Blankie vir honde of ’n middelslag- Winter Cupcake Bed vir
katte van Wagworld (wagworld.co.za). Al die produkte is by voorste veearts- en
troeteldierwinkels te kry. Die K9 Castle se uitstekende ondersteuning en
duursaamheid maak dit ideaal vir groter honde en die Cupcake Bed net reg vir
katte en kleiner honde is lekker knus en warm. Stuur jou foto’s (minstens 2MB
elk) en volledige kontakbesonderhede [email protected] – dalk is jou
dieremaat ook ’n wenner!Sien ons kompetisiereëls op bladsy 128.

Trots Suid-Afrikaans!

dieremaat ook n wenner!Sien ons kompetisiere
Free download pdf