Tuis. 05

(Tuis.) #1

Mei 2017 tuis 101


tuine


i


Het jy geweet?



  • Kunsgras is beskikbaar in ’n
    verskeidenheid skakerings van groen
    en sommige handelsmerke kom ook in
    verskillende lengtes van 8 mm tot
    50 mm. Ander soos die Easi-
    Kensington-reeks van Easigrass het
    selfs kort “dooie” halmpies tussen die
    groenes vir ’n meer realistiese
    voorkoms.

  • Die gras se basis het dreineringsgate
    sodat die grasperk nie oorstroom tydens
    swaar reënbuie nie. Daarom is dit ’n
    uitstekende keuse vir patio’s dekke
    balkonne en daktuine waar die water
    soos normaalweg sal afloop weens die
    helling van die oppervlak.

  • Wat veiligheid en higiëne betref werk
    sagte kunsgras goed in speelareas
    omdat dit nie vlek of modderig raak nie.
    “Die grasmat self is anti-allergenies wat
    dit heeltemal veilig maak vir kinders en
    troeteldiere” verduidelik Ayden Shrives
    produkbestuurder vir Duraturf-kunsgras
    by Belgotex Floors.

  • Kunsgras van goeie gehalte is ook
    sagter wat minder krapmerke of kneus-
    plekke tydens speletjies veroorsaak.
    Met gewone grasperke kan die ongelyk
    oppervlak gevaar inhou vir kinders
    maar by kunsgras is die oppervlak
    stabiel en egalig sê Nikita Young
    projekbestuurder by Perfect Grass.

  • Kunsgras van goeie gehalte sal nie in
    die strawwe Suid-Afrikaanse son
    verbleik nie en die kleur sal ook nie
    uitwas nie. Maak wel seker van jou
    waarborg by jou verskaffer en dat die
    gras behandel is teen skadelike UV-
    strale van die son.


[ONDERHOUD]
“Kunsgras het baie voordele” sê Herve
Truniger van Easigrass Kaapstad. “Een daar-
van is meer tyd om saam met jou gesin of
gaste deur te bring pleks van gras te sny en
ŽƉũŽƵŬŶŝĞģƚĞƐŝƚĞŶŽŶŬƌƵŝĚƵŝƩƌĞŬ͘͟
Blare word soos normaalweg opgehark
en vullis of stof wat daarop vergader kan
eenvoudig afgespuit word. In areas met hoë
voetverkeer of waar swaar voorwerpe
daarop staan kan dit afgeplat begin lyk
maar dan hark jy dit eenvoudig in die
ƚĞĞŶŽŽƌŐĞƐƚĞůĚĞƌŝŐƟŶŐǀĂŶĚŝĞƉŽŽůŽŵĚŝƚ
weer te laat regop staan verduidelik Ayden
Shrives van Duraturf.
Net enkele voorsorgmaatreëls is nodig.
“ ’n Vleisbraaiery en ander vuurverwante
ĂŬƟǁŝƚĞŝƚĞŬĂŶĚŝĞŐƌĂƐƐŵĞůƚ͕ĞŶƐŬĞƌƉ
voorwerpe kan die oppervlak beskadig”
waarsku Ayden. >>

In ’n land waar waterskaarstes en droogtetye ’n werklikheid is is
grasperke ’n kopseer vir baie huishoudings – om ’n grasperk
groen te hou vra baie geduld en tonne water.
As jy graag ’n geil groen grasperk wil hê wat sag onder die
voete is oorweeg kunsgras. Dit word nie meer net vir gholfbane
en sokkervelde gebruik nie en noudat daar ’n groot
verskeidenheid grasse op die mark is wat nes die ware Jakob
lyk maak al hoe meer huiseienaars die skuif.
Ons het by twee huiseienaars asook ’n paar kenners gaan
aanklop om vir jou die beste raad te gee ...

Gevallestudie # 1
Nadat dié huis op die Val de Vie-landgoed buite die Paarl in
November verlede jaar klaar gebou is het die eienaars kunsgras
laat installeer. Dit was nie hul eerste ervaring met kunsgras nie
en hulle het die taak weer aan Herve Truniger van Easigrass
toevertrou.
“By die kliënte se vorige huis was daar ’n stuk grasperk wat in
die winter altyd modderig geraak het en in die somer plek-plek
gevrek het omdat dit in die skadu was. Nadat hulle daardie
probleem-kol met kunsgras vervang het het die kinders alte
lekker daarop gespeel en die min onderhoud het dit net ’n
plesier gemaak” verduidelik Herve.
By hul nuwe huis wou die gesin ’n waterwys tuin hê sonder
om die groenigheid van ’n grasperk prys te gee. “Nou lyk die
tuin geil selfs gedurende die huidige waterskaarste.”
Met twee kinders onder vier én twee honde en twee katte is
die kunsgras ’n uitkoms. En danksy ’n basis van stewig
gekompakteerde fyngruis maak dit ’n stabiele oppervlak uit
waarop die kinders veilig kan speel.

Die gras is binne
twee dae gelê; al
onderhoud wat dit vra
is om elke twee weke
gehark te word.

Die huiseienaars sê die gras dreineer
baie goed en daar het nog nooit
waterpoele op gevorm nie. “Dit laat ook
nie jou vel jeuk as jy daarop lê nie!”
Free download pdf