Tuis. 05

(Tuis.) #1
Die stoep is ’n
verlengstuk van die
huis en Gerhardt en
Kosie bring baie tyd
hier deur. Wie sou kon
raai die tafel was eers ’n
houtheining?

Die dekorwinkel Gonk in Linden Johannesburg
ismeer as ’n werkplek vir die eienaars van dié
negosiekis vol mooigoed. Gerhardt Oosthuizen
en Kosie Nagel beskou dit as ’n droom wat waar
geword het en wanneer hulle saans huiswaarts
keer laat hulle nie dié droom agter nie: Hul
blyplek is ’n voortsetting van alles wat vir hulle
vreugde bring.
“Toe ons die huis ses jaar terug gekoop het
het dit reeds vir 18 maande leeg gestaan” vertel
Gerhardt. “Die gras was lank en die swembad
was groen en vol platannas. Uitgekapte teëls het
in hope op die vloer gelê.”
Ná maande van bou en breek is dit deesdae
hul droomhuis – nie dat dit hulle keer om steeds

gedurig te verander nie.
“Danksy ons winkel het ons toegang tot die
wonderlikste goed. Daar’s altyd iets wat ons huis
toe dra” sê Gerhardt. “Ek is ’n lid van ‘Scatter
Cushion Anonymous’ en sukkel om verby ’n
mooi kussing te loop!” spot hy.
Om dié rede het Gerhardt en Kosie
grotendeels ’n neutrale palet gekies. Want
dit gee hulle die geleentheid om kort-kort
veranderinge te maak sonder dat dit hulle baie
uit die sak jaag.
“Die neutrale mure vloere en hier en daar ’n
gordyn van natuurlike vesel maak dit ’n maklike
palet. Om kleur in te bring en weg te vat met
fokuselemente verg min.” >>

Ons is dol oor ...
die sweefrakke –
planke wat met kabels
uit die dak hang. Die
hanglampe is uit ’n
gestaakte reeks van
@home.

Gerhardt (links) en
Kosie glo niks in hul
huis moet vaal of
vervelig wees nie.

Dié twee kreatiewe
siele gebruik graag
plante om die natuur
binnetoe te bring.
Hulle hou veral van
lugplante kaktusse en
ander vetplante omdat
dit min onderhoud vra.
Oumansbaard (links)
floreer in ’n humiede
omgewing maar vra
geen ekstra water nie.
Dit hang eenvoudig
aan ’n hakie in die
onderstebo potjie; dit is
by Gonk te koop.


Mei 2017 tuis 21

Free download pdf