Tuis. 09

(Tuis.) #1

Wil jy ons van iets nuuts vertel? Stuur e-pos na [email protected].


Ons is mal oor die helder kleure van dié Ndebele-styl-strooikussing van die aanlynwinkel
homeartist.co.za(R26999 met ’n skuim-vulsel; 50 x 50 cm). Kyk ook na hul treffende
muurhorlosies en -kuns. Hulle versend gratis landwyd.

wat’s


nuut


Localislekker


Ons dink De Blaauwe Huijs op Memel in die Vrystaat is ’n
absolute skatkis – net die plek om vir antieke retro- en
kitsch dekoritems te gaan snuffel. Kry hulle in President
Steynstraat.

WINKELS TOE!

Saamgestel deur Kim Arendse

Ons is bekoor deur die Beldi-
plakpapier uit Hertex se Cape to
Casablanca-versameling. Elke rol
(1005 m x 53 cm) kos R1 140 en die
ontwerpe wissel van kleurryk – soos Beldi
Honeysuckle en Beldi Deep Jungle – tot
onderbeklemtoon met metaalversierings.
Sien die hele versameling by hertex.co.za.

Loer in by Tuka by
Northumberlandstraat 10 in
Bellville Kaapstad vir die
mooiste ougoed van oor die hele
land wat met sorg opgeknap is.
Die winkel se naam is ’n speling
op die woord “toeka” wat hul
aanbod perfek beskryf. Hulle
het nog ’n tak by Picardi Place
naby Rawsonville. Sien meer by
facebook.com/TukaInteriors.

TUKA SE GOED
Free download pdf