Tuis. 09

(Tuis.) #1

Wanneer dié lieflike blomme hul gesiggies begin wys kan


jy maar weet: Die lente is hier!


heerlike LENTE!


DIS


Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholster
Stilering Melissa Rautenbach en Renate Lüdick

“Geen potjie of bakkie koppie of blik hoef in
die lente leeg te staan nie” sê Melissa
Rautenbach van die bloemistesaak Flourish.
“Daar is nou soveel blomme om van te kies
en jy kan regtig met min moeite jou huis ’n
lentegevoel gee.
“Ons het ’n ou kassie wat in my motorhuis
was volgepak om dié indrukwekkende
fokuspunt (oorkant) te skep” vertel sy.
“Blikkies mooi ou teekoppies melkbekers
bakkies glaspotjies en emalje is gebruik as
houers vir die verskeidenheid blomme. Die
houers moet verkieslik nie perfek bymekaar
pas nie; die verskillende groottes kleure vorms
en teksture dra alles by tot die atmosfeer van
jou lente-uitstalling. Dis ook glad nie nodig om
’n hele kas vol blomme te pak nie; jy kan net
een of twee rakke vir blomme gebruik en dit
kombineer met boeke tydskrifte of familiefoto’s
op die ander. Of sit blomme in glaspotjies op ’n
tafel ’n vensterbank of kaggelrak – dit is net so
mooi en sal die lentegeure en -kleure in jou
huis verwelkom.
“Maak die potjies vol skoon water en sny die
blomstele in verskillende lengtes sodat almal
nie ewe hoog is nie. Rangskik hulle dan net
soos jou hart begeer – met sulke mooi lente-
blomme is daar nie ’n reg of verkeerd nie!
Selfs ’n blom waarvan die steeltjie afgebreek
het hoef nie gemors te word nie – laat dit in ’n
bakkie water dryf” sê sy.
“Voor jy gaan lenteblomme koop kyk eers
wat blom in jou tuin. Jy sal verbaas wees

Renate Lüdick en Melissa
Rautenbach

hoeveel daar gereed staan vir pluk. Maar as jy
nie genoeg het nie koop ’n paar bossies:
affodille freesias pronkertjies Hollandse
irisse ranonkels Yslandse papawers en tulpe
is net party van die groot verskeidenheid wat
in die lente beskikbaar is. En jy het net ’n
paar blomme van elk nodig; selfs ’n enkele
blom in ’n potjie lyk pragtig. Al wat jy nie te
koop gaan kry nie is die kappertjies en
vergeet-my-nietjies wat ons gebruik het. As
hulle nie in jou tuin staan nie saai beslis
daarvan vir volgende lente – al twee is maklik
om aan die groei te kry. Of bedel ’n blom of
twee by ’n tuinvriend!” >>
Free download pdf