Tuis. 09

(Tuis.) #1

104 tuis September 2017


Hetjygeweet?


Affodille en narsings behoort almal tot die genusNarcissus– dié met groter
blomme word affodille genoem en dié met kleiner trossies blomme is narsings
maar in die spreektaal word daar na albei verwys as affodille.

Affodille en narsings
Vrolike geel affodille lyk mooi in ’n groot
groep onder bladwisselende bome.
Plant hul bolle in die herfs in goed
gedreineerde komposryke grond en hou
nat gedurende die groeiseisoen in die
laatwinter en lente. Moenie die bolle almal
op ’n ry plant nie – hou dit informeel en
plant hulle in onreëlmatige groepies
bymekaar. Dié bolle lyk ook mooi in potte.
Daar is ’n groot verskeidenheid affodille te
kry – sommige blom vroeër en ander later
party met dubbele en ander met enkel-
blomme. Die blomme kan wit of verskillende
skakerings van geel en selfs ’n ligte oranje
wees. Die grootte van die blomme verskil
ook van soort tot soort. Van die bekendstes
is die heldergeel ‘Flower Carpet’ en die
geurige wit ‘Paperwhite’.

Kammetjies/freesias
Vir hemelse geur plant ’n kammetjie! Dié
bolle is in ’n groot verskeidenheid kleure
beskikbaar – onder meer wit geel pienk
pers en rooi.
Plant kammetjies in die herfs in goed
gedreineerde komposryke grond. Die
blomme lyk mooi in groot groepe in ’n
bedding of saam met ander lentebolle
soos Sparaxis affodille druifhiasinte en
anemone. In koeler dele en winterreën-
streke aard kammetjies goed in die son
maar in die warmer binneland is half-
skaduwee ideaal. Beskerm hulle teen
swaar en veral laatryp. Hou die bolle goed
nat in die winter en lente.

Inheems


Yslandse papawer
Die delikate Yslandse papawer in
skakerings van geel oranje pienk en ook
wit kan ’n lentebedding lieflik opvrolik. Hulle
lyk pragtig saam met lenteblommende
bolle of plant ’n groot groep daarvan in ’n
sonnige bedding. Yslandse papawers kom
soos die naam ook aandui uit die Arktiese
streke maar aard in die meeste dele van
Suid-Afrika behalwe waar dit baie droog is.
Dié eenjarige kan van saad groei of koop
saailinge in sespakke. Berei die bedding
goed voor met baie kompos en ’n paar
hande vol organiese bemesting voor jy saai
of plant. Voed saailinge elke twee weke met
vloeibare plantkos soos Seagro of Nitrosol.
Beskerm dit teen wind maak gereeld nat
en sny die dooie blomme uit om dit aan te
moedig om meer te blom.
Yslandse papawers is uitstekende sny-
blomme. Pluk dit wanneer die blomknoppe
begin oopgaan – die blom sal in die huis
heeltemal oopgaan.

Narcissus-hibriede
Son tot skaduwee
Rypbestand
Gemiddelde waterbehoeftes
Blom Augustus tot Oktober
Groei 30–40 cm hoog

Freesia-hibriede
Son tot halfskaduwee
Redelik bestand teen ryp
Gemiddelde waterbehoeftes
Blom Augustus tot Oktober
Groei sowat 25 cm hoog

Papaver nudicaule
Son
Rypbestand
Gemiddelde waterbehoeftes
Blom laatwinter en lente
Groei 30–50 cm hoog

Drie lente-staatmakers

Free download pdf