Tuis. 09

(Tuis.) #1

Ken ou


indringers


Elke maand wys ons ’n plant wat as ’n indringer verklaar is. Kyk
uit vir hulle in jou tuin en buurt.

Sesbania (Sesbania punicea)
ook bekend as rooikeurtjie is ’n
bladwisselende struik wat tot 4 m
hoog kan groei. Dit het skraal takke
en hangende donkergroen blare
saamgestel uit klein skerpgepunte
blaartjies alkant van die steel. Helder-
rooi of oranje blomme in digte blom-
takke (tot 25 cm lank) verskyn tussen
September en Maart gevolg deur
kenmerkende bruin gevleuelde peule.

Aronskelk/varkoor
As potplant verskil aronskelke (Zantedeschia)
heelwat van hul statige wit of geel eweknieë
wat in die tuin groei. Dis kleiner met fyn
trompetvormige blomme en blare; die kleure is
ook lewendiger – van dieprooi (amper swart)
tot salmpienk oranje geel en dofpienk. Die
plante hou van helder lig en kan vroeë
oggendson hanteer maar nie direkte
middagson nie. Gewone binnenshuise
humiditeit is aanvaarbaar of dit kan buite op ’n
beskutte terras of balkon staan mits jy die
grond klam hou. Maak nat sodra die grond-
oppervlak effens droog voel. Voeg in die lente
en somer al om die ander week vloeibare
bemesting by die water. Die blare is giftig vir
honde en katte – hou dit dus buite hul bereik.
KONTAKplantimex.co.za

^ƚƵƵƌŝŶůŝŐƟŶŐŶĂƚƵŝŶĞΛƚƵŝƐ͘ĐŽ͘njĂ.

Sesbania

Foto


Getty Images


Huisplant van die maand


Indringerstatus^
Die plant is ’n Kategorie 1b-indringer wat
beteken jy kan vervolg word as dit op jou
eiendom groei.
Hoekom is dit problematies?^
Sesbania is landwyd ’n probleem omdat dit
met inheemse rivier- en vleilandspesies
meeding en hulle verdring. Die blare en
blomme is giftig en veral die saad is
dodelik vir voëls soogdiere en reptiele.
KONTAK invasives.org.za
Free download pdf