Tuis. 09

(Tuis.) #1

September 2017tuis 121


3


1 Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die eier
by en klop tot dit gekombineer is. Voeg die bakpoeier meel
koeksoda en hawermout by en meng tot ’n sagte deeg.
2 Voer ’n bakplaat met bakpapier uit verdeel die deeg in
24 porsies en druk plat op die bakplate om die koekies te vorm.
Bak vir 15 minute per bakplaat in ’n voorverhitte oond teen
180 °C tot goudbruin en bros. Laat die koekies heeltemal afkoel.
3 Sit ’n roomysbal tussen twee koekies en sit dadelik voor.

Pst!^ Dollie dit op met strooiversiersel en lekkers.


Roomystoebroodjies
methawermoutkoekies


  • 200 g sagte botter

  • 200 g (250 ml) Huletts
    SunSweet Brown Sugar

  • 1 ekstragroot eier

  • 5 ml bakpoeier

    • 140 g (250 ml) koek-
      koringmeel gesif

    • 2 ml koeksoda

    • 500 ml gerolde hawermout

    • 12 balle roomys




2


1 Sit die botter suiker stroop en gemmer saam in ’n klein kastrol
en smelt oor lae hitte (die mengsel moenie kookpunt bereik nie);
roer tot al die suiker opgelos is. Verwyder van die hitte en roer die
meel in tot glad. Laat die mengsel effens afkoel; dit sal ferm raak.
2 Voorverhit die oond tot 160 °C en voer twee bakplate met
bakpapier uit. Skep lepels vol van die deeg daarop uit en druk
effens plat. Maak seker al die koekies het genoeg ruimte om uit te
sprei en bak vir 8–9 minute of tot goudbruin en borrelend. Haal dit
uit die oond plaas die koekies versigtig oor die onderkant van ’n
muffinpan en laat heeltemal afkoel – dit sal ’n bakkievorm
aanneem. Werk vinnig omdat dit minder buigsaam word namate
dit afkoel. Vul dit met roomys en jou gunstelingvrugte of -bessies.

Gemmer-
doppies


  • 125 ml botter

  • 125 ml Huletts SunSweet
    Brown Sugar

  • 125 ml Huletts Golden Syrup

    • 5 ml fyn gemmer

    • 200 ml koek-koringmeel

    • roomys en bessies
      vir voorsit



Free download pdf