Tuis. 09

(Tuis.) #1

DisErfenismaand


–tydomonsonmiskenbare


plaaslikegeuretevier!


&


SKERP
KALANT!
Skerpmaker vir
wortellinte sny
R14995
pylones.co.za

kos drank


Deur Johané Neilson
Foto’s: Verskaf

BLAREOns het dié pragtige Mint-keramiekware deur Thia de Vos by
vanjaar se KAMERS/Makers in die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad
raakgesien (dié mediumgroot bord kos R165); kry nog pragkopies by
mintcreatinghome.co.za.


Johanne 14 (R275 Quivertree)
deur die kosskrywer Hope Malau
is ’n fantastiese toevoeging tot
jou resepteboekversameling.
Die tradisionele resepte is met
soveel liefde gemaak dit voel of die kos van die bladsye af wil spring! Die boek gee
’n blik op die township-lewe en is ’n viering van kultuur lewenskrag samesyn en
familie – alles rondom die kostafel natuurlik. Die resepte wissel van ou gunstelinge
soos melktert “crunchies” en chakalaka tot spesiale skeppings soos beeslewer met
potbrood en wat jy alles met ’n varkkop kan maak. Toe probeer gerus iets nuuts!


DEUR DIE


Uit die see
A Mari Ocean Gin (R450 cybercellar.com) is
gedistilleer met seewater uit die Atlantiese Oseaan.
Die rede? Die minerale in die water help om die olies uit
die Kaapse kusfynbos waarvan die jenewer gemaak word te
onttrek – dit gee aan die drankie ’n besonder komplekse geur
en gladheid. Die neus het ’n varsheid eie aan sitrus wat op
die palet herhaal word met geure van nartjie en suurlemoen.
GESONDE
DRANKIE
Sit ’n huppel in jou stap met die Cold Pressed Charcoal Shot (R1595 woolworths.co.za)
’n sapmengsel met suiwer appel suurlemoen en gemmer. Lekker man!

Verbreed jou horisonne


Soete


bederf!
Simonsig is welbekend vir
hul Kaapse Vonkel MCC
en nou is die vrugtige
semisoet Simonsig
Kaapse Vonkel
Demi-Sec (R135
simonsig.co.za) ook
deel van die reeks.
Ons kan nie wag
om dit te proe nie!
Free download pdf