Tuis. 09

(Tuis.) #1

eko-huis
Die dakligte (en res van
die huis) gebruik sonkrag!


40 tuis September 2017


Stapeldeure wat 5 m wyd opmaak
omraam die asemrowende uitsig
op die plase in die vallei die
Botrivier en Houwhoek-bergreeks.
Lucas het ’n minimalistiese
dekorstyl gekies: “Alles moes
in een oop plan wees
want dis so ’n klein ruimte.”
Binnemure geverf met
PowaFix Pure Acrylic Matt
in die kleur Sky Grey

Toe hy afkom op ’n foto van ’n gebruikte
vraghouer wat iemand oorsee in ’n leefruimte
omskep het het die idee hom geprikkel – en
sy hande het begin jeuk!
“Ek het geheel en al ’n obsessie ontwikkel
oor omgeboude vraghouers en die eindelose
moontlikhede wat dit bied” sê Lucas.
Dit was drie jaar gelede. Sedertdien het
vraghouer-huise al hoe gewilder geword veral
danksy die bekostigbaarheid en volhoubaar-
heid van sulke omskakelings. Vraghouers

word deesdae nie net vir terreinkantore op
boupersele gebruik nie dit kan ook stylvolle
moderne wonings wees.
Ná heelwat navorsing en beplanning het
Lucas in 2015 die hulp van die volhoubare-
behuisingfirma Berman-Kalil ingeroep om die
eenheid op sy familieplaas naby Botrivier op
te rig. Hy het terstond die nagklub wat hy
besit het verkoop en verhuur nou dié
afgesonderde wegbreekplek met sy prentjie-
mooi uitsig op die dorpie vallei en rivier.

As entrepreneur is Lucas Steyn altyd op die


uitkyk vir ’n goeie geleentheid.

Free download pdf